Die COVID-19-pandemie en inperking het ’n groot impak op jou kinders. Hulle voel angstig en verward en sukkel soms om hul emosies te verwoord. Jy wil help, maar spartel dalk om hul vrae te beantwoord en om te help en vertroos.

Tydens die aanlyn sessies verduidelik die kliniese sielkundige Tanya van de Water die emosionele en sielkundige kwessies waarmee kinders nou worstel, en sy gee praktiese raad oor hoe jy jou kind kan help. Sy gesels ook met die aktrise Desiré Gardner, ’n ma van twee, oor die emosionele en sielkundige uitdagings waarmee jong kinders nou worstel.

Foto: Verskaf

Skakel 17 Junie in vir net die eerste sessie, of al drie. Dis vir ouers met kinders tussen twee en 12.

Bespreek jou kaartjies by Quicket of stuur ’n e-pos na edmund.beukes@media24.com vir enige navrae.

Sessie 1

Is my kind angstig?

Tanya gesels met die aktrise Desiré Gardner, ’n ma van twee, oor hoe en hoekom kinders angs beleef. Hulle gesels oor hoe om angs by kinders te identifiseer en Tanya gee praktiese raad oor hoe jy stories kan inspan om jou kind te help om sy of haar angs te verwoord en te verwerk. Hierdie is ’n regstreekse uitsending om 20:00 op 17 Junie. 

Koste: R60

Sessie 2

Bemeester die vaardighede

Tanya verduidelik hoe verskillende ouerskapstyle en jou eie angs jou kind beïnvloed en wat jy daaraan kan doen. Sy leer jou verskeie vaardighede en tegnieke waarmee jy jou kind kan help om sy of haar angs te verstaan en verwerk, en gee ook spesifieke raad vir kinders se angstigheid wat verband hou met die COVID-19-pandemie, inperking en terugkeer skool toe. Hierdie video kan bestel en enige tyd gekyk word.

Koste: R70

Sessie 3

Jou beurt

Sluit aan by hierdie intieme aanlyn groepsessie, waartydens Tanya met ’n klein groepie ma’s op ’n slag gesels oor hoe jy ontspanningsvaardighede kan inspan om jou kind te help. Sy sal uitbrei op die praktiese tegnieke wat jy kan gebruik om jou kind te help, en jy kan ook vrae stel en aan die gesprek deelneem. Hierdie sessies gebeur later in Junie na afloop van die eerste twee sessies.

Koste: R200

VOLGENDE IN DIE REEKS:

24 Junie: ’n Tiener in die huis

1 Julie: My kind is eensaam – hoe help ek?