In die moeilike tydperk van rou is jou lewe op sy kop gekeer. 

Die laaste ding waaroor jy jou behoort te bekommer, is waar om die geld te kry om vir ’n begrafnis te betaal. 

Metropolitan bied daardie broodnodige helpende hand om die waardige begrafnis te beplan wat elkeen verdien. 

Hulle bied steun, nie net in die goeie tye nie, maar ook deur die uitdagende tye, deur jou jou finansiële lewensdoelwitte te help bereik en jou die waardige begrafnis te gee wat jy verdien. 

En omdat alle families verskillend is, bied hulle ’n begrafnisplan wat buigsaam genoeg is om jou en jou unieke familie te dek op grond van jou begroting en voorkeure. 

Deur die Life Event Enablement Service wat nou beskikbaar is, kan Metropolitan jou help met die verkryging van verskaffers wat jou met belangrike items vir die begrafnis sal help, alles van die kis en blomme tot vervoerbehoeftes en ’n grafsteen.

Gee jou geliefdes die afskeid wat hulle verdien met die nuwe, persoonlike Metropolitan-begrafnisplan, of beplan vooruit om te sorg dat jou familie nie die bykomende finansiële las het wanneer hulle die reeds oorweldigende verlies hanteer wanneer jy sterf nie. 

Met die Metropolitan-begrafnisplan geniet jy:

  • Buigsaamheid om jou begrafnis te ontwerp om by jou behoeftes te pas;
  • Dekking vir jou onmiddellike familie vir tot R80 000;
  • Die vermoë om tot 20 lewens op die plan te dek;
  • Papierlose eise.

Wat die welstand van jou familie betref is dit belangrik om aan die langtermyn te dink. 

Praat met ’n geregistreerde finansiële adviseur van Metropolitan om die beste begrafnisoplossing vir jou en jou familie te skep. 

As een van Suid-Afrika se grootste finansiëledienstemaatskappye, met ’n nalatenskap wat oor meer as 114 jaar van diens aan gemeenskappe strek, is jy en jou familie in goeie hande. 

Besoek Metropolitan om ’n adviseur te kry.

Metropolitan is deel van die MMI Groep Beperk, ’n gemagtigde finansiëledienste- (FSP 44673) en kredietverskaffer (NCRCP 173).