Gelukkig het Aartappel SA in samewerking met navorsers aan die Universiteit Pretoria dié staatmakergroente in tekstuurklasse ingedeel wat dit vir Jan Alleman baie makliker maak om die regte aartappel vir elke gereg te kies.

Al is daar verskillende faktore wat die eienskappe van ’n aartappel bepaal, is die tipe kultivar die belangrikste, volgens Carmen Van Niekerk, ’n PhD-voedingswetenskapstudent aan die Universiteit Pretoria. 

“Die kultivar en klas word gewoonlik op die aartappelsakkie aangedui, met spesifieke aanbevelings vir kookmetodes,” voeg sy by.  Die drie hoofkategorieë is wasagtige, melerige en veelsydige aartappels:

1. Wasagtig

Wasagtige aartappels kan ondere andere vir aartapp
Wasagtige aartappels kan ondere andere vir aartappelslaai gebruik word. Foto's: Pexels en Gallo Images/ Getty Images

Dié soort aartappel word uitgeken aan sy romerige dog ferm en klam vorm wat dit selfs ná gaarmaak behou. Daarom is dit ideaal vir geregte waar jy verkies dat die aartappel nie breek nie, soos aartappelslaai. Jy kan dit wel vir skyfies gebruik, maar dit lewer ’n slaptjip pleks van ’n bros, krakerige tjip. 

2. Melerig

aartappels
Melerige aartappelskan vir gebakte aartappels gebruik word. Foto's: Pixabay

Indien jy skyfies of gebraaide aartappels wil maak, is melerige aartappels ideaal.

Dié aartappels het ’n hoë styselinhoud en is betreklik droog. Hulle behou nie hul vorm wanneer jy hulle kook nie en is dus geskik vir kapokaartappels.

3. Veeldoelig

aartappels
Veeldoelige aartappels kan onder andere vir skyfies gebruik word. Foto's: Pixabay

Die middelslag-styselinhoud van dié aartappels maak dit iets tussen ’n wasagtige en melerige aartappel. Dis vir die meeste gaarmaakmetodes geskik en is ook die algemeenste soort wat in supermarkte verkoop word. 

So bêre jy aartappels

Bêre dit altyd in ’n koel deel van die kombuis waar daar goeie ventilasie is, is Carmen se raad.

“Aartappels moenie in die yskas gebêre word nie. Die koue veroorsaak dat stysel na suiker omgeskakel word en dit sal ’n effek hê op die kookeienskappe sowel as die voedingswaarde van ’n aartappel,” sê sy. 

So maak jy aartappels gaar 

Danksy die diverse variëteite is dié groente geskik vir ’n verskeidenheid kookmetodes, sê Carmen. 

Volgens haar moet dit liefs met skil en al gaargemaak word weens die voedingswaarde in die skil. 

“Die skil verseker dat al die nutriënte binne bly en nie in die kookmedium verlore raak nie. Die skil bevat ook sekere voedingstowwe en vesel. Aartappels is waarlik gesondheid uit die grond uit, want dit is ’n bron van stysel vir energie, en bevat ook vitamiene en minerale."

"As die regte voorbereidingsmetodes gevolg word, kan aartappels deel vorm van jou vyf-per-dag-porsies groente en vrugte.”

Elias Monhla en sy broer Isaac se aartappelplaas.
Elias Monhla en sy broer Isaac se aartappelplaas. Foto: Verskaf

Waar kom McDonald's-skyfies vandaan?

Elias Monhla (46) en sy broer Isaac Monhla (39) boer op ’n aartappelplaas in Morebene (voorheen Soekmekaar) in die Botlokwa-distrik, Limpopo. 

Die Monhla-broers se plaas verskaf werk aan sowat 250 mense en die boerdery is ’n groot aanwins vir die gemeenskap. 

Isaac verduidelik dat die plaaswerkers onder meer oor grondvoorbereiding en kunsmis leer asook watter aartappels reg is om te pluk en watter liefs moet bly.

Die prosesse word verdeel in drie programme, naamlik die plant-, oes- en lente program.

Elias praat met lof oor die gemeenskapsprogramme wat hulle by Boshatolo-plaasskool deurvoer.

“Ons het ’n gesamentlike projek met McDonald's om sportaktiwiteite by die plaaslike te bevorder. 

Dit is ’n landelike en arm gemeenskap waar leerders dikwels nie eens die truie het om sokker of netbal te speel nie,” sê Elias.

Die boerdery is ook betrokke by ’n debatskompetisie ten einde leerders se taalvaardighede op te skerp.

Elias Monhla en sy broer Isaac se aartappelplaas.
Die lande word geploeg op hul aartappelplaas. Foto: Verskaf