Hoe gemaak as jy Huisgenoot nie in die hande kan kry nie?

Maak só as jy jou gunstelingtydskrif nie in die winkel kry nie.

Die beste is om eers vir die winkelwerknemers te vra. Hulle het die tydskrifte dalk nog nie uitgepak nie as gevolg van al die feesseisoen-aktiwiteite in die bedrywige inkopietydperk.

As hulle nie kan help nie of geen eksemplare van Huisgenoot het nie, kan jy:

WhatsApp

Foto: Gallo Images/Alamy

Stuur ’n teksboodskap na 087 353 1334 en sluit jou naam en kontaknommer, die naam van die winkel en die gebied waar jy inkopies doen in.

  • Hoe meer besonderhede oor waar die winkel is, hoe beter.

SMS

Foto ter illustrasie: flickr.com (intel free press)

Stuur ’n boodskap na 31069. Begin die boodskap met die woord ‘Assist’ en sluit jou naam en kontaknommer, die naam van die winkel en die gebied waar jy inkopies doen in.

  • Hoe meer besonderhede oor waar die winkel is, hoe beter.

Digitaal

As jy ingeteken het vir Netwerk24, kan jy Huisgeno
As jy ingeteken het vir Netwerk24, kan jy Huisgenoot so in PDF-formaat lees.

Huisgenoot is ook digitaal beskikbaar as deel van die Netwerk24-intekenaanbod. Jy kan die volledige PDF-weergawe van die tydskrif aanlyn lees as jy inteken vir Netwerk24.

Dit kos R99 per maand om in te teken vir Netwerk24, en jy kry daarmee saam aanlyn toegang tot ’n rits ander Afrikaanse tydskrifte en koerante asook ander Afrikaanse nuus- en vermaakinhoud.

Reeds ingeteken?

As jy ingeteken het vir Netwerk24, kan jy Huisgeno
As jy ingeteken het vir Netwerk24, kan jy Huisgenoot so in PDF-formaat lees.

As jy ingeteken het vir Netwerk24, kan jy Huisgenoot so in PDF-formaat lees:

  • Besoek Huisgenoot.com.
  • Klik op die woord E-publikasies bo-aan die blad.
  • Jy sal die jongste uitgawe van Huisgenoot nou kan sien en lees deur eers op Tydskrifte en dan op Huisgenoot te klik. Jy sal ook hier vorige uitgawes van die tydskrif kan lees.

Ons wens jou ’n veilige en voorspoedige feestyd toe!

Huisgenoot-span