Wil jy gesonder koskeuses uitoefen? Dis maklik met Checkers se nuwe reeks voedsame kos, Simple Truth, wat die beslommernis daaruit haal om te moet besluit wat om te maak om te eet.

Of jy nou vegetariese, veganistiese, glutenvrye, rou, organiese, verminderde suiker-, hoë proteïen- of ekovriendelike produkte soek – hulle het dit vir jou.

Checkers bevorder ’n gesonde leefstyl en maak jou lewe makliker met hul verskeidenheid bestanddele sodat jy jou gunstelinggeregte kan maak en met nuwes eksperimenteer – sonder die skuldgevoel. 

Die toenemende neiging om fiksheid te bevorder en gehaltekos te eet, bring ’n behoefte mee om die regte bestanddele te kry wat jou nuwe, beter leefstyl ondersteun. 

Koop die reeks vir gesonde alternatiewe wat toeganklik en bekostigbaar is. Hulle het ook al die slegte ouens soos kunsmatige kleure, geure, versoeters en bygevoegde MSG verwyder.

Daarby smaak dié nuwe welstandsreeks heerlik en word dit teen supermarkpryse in die kleinhandel verkoop. Dit sluit alles in van gerieflike klaarbereide maaltye, ontbytstaatmakers soos hawermout, muesli en beskuit, peuselhappies soos koekies, droëvrugterolle en saadkraakbeskuitjies tot spensnoodsaaklikhede soos appelasyn, grondboontjiebotter, rou heuning en veganistiese noedels. Dié privaat handelsnaam bied selfs huishoudelike skoonmaakprodukte.

Jy sal hierdie reeks eksklusief by Checkers en Checkers Hyper kry – soek die opvallende groen sirkel en die Simple Truth-handelsmerk in winkels.