Huisgenoot se heel eerste tydskrif met nét koderaaie is hier. Koderaaiers het gevra vir ’n tydskrif met nét dié raaiselplesiertjies, en ons het gedink dis ’n goeie idee!

Kodeblokraaie is een van die gewildste raaisels in ons Blokraaie-tydskrifreeks en verskyn ook elke week in Huisgenoot – en nou het ons ’n mini-tydskrif opgestel.

As jy voel jy is gereed om jou brein ’n hupstoot te gee terwyl jy weer aan die gang probeer kom, het ons ’n prettige oplossing vir jou.

Boonop sal jy van die kleiner tydskrif hou. Dit is ideaal vir ’n vinnige blaaskans of om te ontspan, waar jy ook al is.

Koderaaisels Mini bevat 76 koderaaie en is klein genoeg om oral heen saam te neem.

Dis ’n heerlike ontspanboekie vir almal wat van woordraaisels en ’n uitdaging hou.

Ook binne: Wenke vir beginners.

Kry jou eksemplaar van Huisgenoot Koderaaisels Mini – nou beskikbaar in winkels of aanlyn by huisgenootwinkel.