Bereik jou gesondheids- en lyfdoelwitte in ’n japtrap met die beste fiksheidspan in die omgewing.

Adventure Boot Camp is ’n prettige buitemuurse oefenprogram vir vroue van alle fiksheidsvlakke, van oefengeesdriftiges tot beginners wat ’n verandering probeer maak.

As jy soos die meeste vroue sukkel om die tyd en motivering te vind om ’n oefensessie in te pas, is dié verpersoonlikte vier week lange oefenprogram ideaal vir jou. Wees deel van ’n verfrissende buitemuurse oefenervaring wat aan jou ’n fiksheidsoplossing bied wat verby die eentonige roetines strek.

Dit word daagliks verander, met ’n fokus op kardio, die verferming van maagspiere, arms en bene en sluit ook Pilates in. 

Die oefenkamp fokus op die mag van ’n vroulike gemeenskap om doelwitte saam te bereik – vir net een uur per dag (soggens of saans). 

Met meer as 60 oefenplekke om van te kies bied hulle gemak en ’n nie-veroordelende omgewing waar jy kan lag en die spiere kan laat werk.

Boonop is geen drilmeester in sig nie; dit is dus ideaal vir die alledaagse vrou wat ’n gesonde leefstyl probeer handhaaf.

Pak net jou mat, handdoek, klein gewigte (1,5-3kg), waterbottel en gemaklike hardloopskoene in en maak gereed om te oefen.

Dit is boonop aanpasbaar en jy hoef jou nie te verbind tot ’n jaarkontrak waarby jy nie kan hou nie. Dis ’n wen-wen-situasie.

Registreer op ’n maandelikse basis vir 4, 12 of 20 sessies (1, 3 of 5 keer ’n week) en werk ’n skedule uit wat nommerpas is vir jou!


As jy dit eers net wil probeer, klik hier om te registreer vir ’n gratis sessie.

Besoek adventurebootcamp.co.za vir die naaste Adventure Boot Camp aan jou.

Getuienis 
Holly van Jaarsveldt het 10 kg deur Adventure Boot Camp afgeskud.

“My suster het vir my gesê sy gaan Adventure Boot Camp begin en wou hê ek moes by haar aansluit,” sê sy. “Ek was huiwerig aan die begin omdat ek ernstige gesondheidsprobleme gehad het en was bekommerd dat ek ’n gek van myself sou maak. Ek was oorgewig en dit was hartseer aangesien ek nog altyd ’n fikse en gesonde mens was. Ek was ’n Gauteng-swemmer en was mal oor dans.

“Adventure Boot Camp het my nie net geïnspireer om hard te werk en fiks te word nie, maar ek het besef ek kan met elke oefenkamp my lyf harder druk en ek voel wonderlik. Ek het ongelooflike vriende gemaak en voel asof ek deel van ’n familie is wanneer ek elke aand daar aankom,” sê sy.

“Ons gaan vanjaar die opgang van sterk en inspirerende vroue sien.

Daar bestaan geen twyfel nie dat 2018 die jaar is dat vroue sal byeenkom as ’n mag om mee rekening te hou, veral ons Adventure Boot Camp-gemeenskap,” sê Alisha Mackintosh, bemarkingsbestuurder van Adventure Boot Camp.