Dit kan moeilik wees om vir net twee mense te kook: Pas jy die resep aan of maak jy ’n volle maaltyd en verloor dan belangstelling in die groot brediepot wat op die derde aand weer op jou wag? En hoe sorg jy dat jy nie geld vermors op bestanddele wat bederf as jy dit nie betyds gebruik nie?

Die Huisgenoot Kook vir twee-tydskrif het alles wat jy benodig om smullekker, voedsame maaltye voor te sit en minder te vermors wanneer jy net vir twee mense wil kosmaak.

Met 87 resepte om te beproef, sal jy nie sommer verveeld raak nie.

Dit sluit in:

  • Weeklikse spyskaarte met nuttige inkopielyste wat jou wys om als te koop
  • Resepte wat jy in grootmaat kan kook en vries vir kitsetes op bedrywige dae
  • Topwenke oor hoe jy meer kan bespaar

Resepte sluit in:

  • Gnocchi Bolognese
  • Mexikaanse jalapeño burgers
  • Bobotiepasteitjies
  • Griekse tjops op die braai saam met aartappelslaai

Kry nou jou kopie in die winkel of koop aanlyn by huisgenootwinkel.com om dit by jou deur te laat aflewer.

Lekker kook – en bespaar!