“Tree uit van werk, maar nie die lewe nie,” het M.K. Soni gesê. 

Wanneer jy die onbekende betree, is dit normaal om angstigheid te ervaar oor die einde van hierdie era.

Ja, die woord “aftrede” beteken dalk jy groet die roetine waaraan jy lank gewoond was, maar ’n hele lewe lê nog voor.

Jy sal meer tyd het om die dinge te doen waarvan jy hou, byvoorbeeld om by vriende en familie te kuier, te oefen, pret te hê en weer jou afgeskeepte stokperdjies van toeka te ontdek.

Namate jy deur die verskeie emosies werk, kan jy besluit watter passies om na te volg en hoe jy jou opwindende nuwe begin sal benader.

Ons nuwe tydskrif Huisgenoot Aftrede bied ’n nuttige gids propvol insiggewende wenke en interessante artikels om jou te help beplan waar jy sal woon, wat jy sal doen en waarna om na uit te sien.

Vind uit hoekom aftrede heerlik is en hoe jy jou nuutgevonde vryheid ten volle kan benut in die eerste uitgawe van Huisgenoot Aftrede wat nou in winkels beskikbaar is.

Dis heerlike vakansie-leesstof en ’n deurdagte geskenk aan ’n geliefde – of jouself as jy jou volgende hoofstuk wil beplan.

Bestel hier
Jy kan ’n e-pos stuur na Johan by johan.terblanche@media24.com of aanlyn bestel by huisgenootwinkel.com om jou kopie by jou deur te laat aflewer.