PROMOSIE
Ons het nie altyd tyd vir ’n aansit-ontbyt nie en wil iets gryp en gaan – iets smaakliks om die dag goed te begin.

Eweneens wil jy voor jy gim toe gaan iets eet of drink wat jou sal onderhou terwyl jy oefen, maar nie die een of ander onsmaaklike voedingsmengsel nie. Jy wil iets hê wat net so lekker is as wat dit maklik is om voor te berei.
Maak ’n dadel-en-rysmelk-skommeldrankie. Dit is suiwelvry en boonop vinnig en maklik om te maak. Hierdie skommeldrankie is die volmaakte manier om jou wakkerkry met lekkerkry klaar te kry en jou lekkerkry wakker te kry. Ontbyt word nuut gemaak met heerlike resepte en voorsitvoorstelle. Daar is so baie maniere om jou dag groot te begin met Kellogg’s. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakkerkry? Hoe maak jy jou ontbyt anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! DADEL-EN-RYSMELK-SKOMMELDRANKIE
GENOEG VIR 2 MENSE
Bestanddele
hand vol dadels in lemoensap geweek
hand vol Kellogg’s All-Bran Flakes of Special K
hand vol gevlokte amandels
2 bevrore piesangs
250 ml (1 k) rys- of amandelmelk
mentblare (ekstra vir garnering)
Metode
1. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
2. Giet in ’n glas en garneer met mentblare.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET