Almal geniet ontbytspek, maar varkvleis vir aandete is altyd bobaas – sappige varktjops, val-van-die-been-af sagte ribbetjies, lekker gebraaide varkworsies, en wat van almal se gunsteling, krakerige bros varkrepe (“rashers”)?

Dis perfek om vir die hele gesin voor te sit as ‘n vinnige, maklike aandete, of vir ‘n spoggerige, spesiale gereg en boonop is dun skyfies oorskietvarkvleis met mosterd heerlik op enige toebroodjie. Dis g’n wonder varkvleis is die mees verbruikte vleissoort wêreldwyd nie. 

Dis nog beter om te weet dat  kommersiële Suid-Afrikaanse varkprodusente se moderne boerderymetodes sorg dat ons wêreldgehalte vleis in ons supermarkte en slaghuise teen uiters billike pryse kan koop. En nou, in ‘n tyd waarin begrotingsvriendelike maaltye so belangrik is, is dit die beste tyd om vars varkvleis te koop.

Die prys van varkvleis per kilogram is deurlopend veel laer as enige ander rooivleissoort. Slim verbruikers kan daarby baat vind om nou in grootmaat te koop omdat daar oral spesiale aanbiedings by bekende supermarkwinkels is. Varkvleis is nie net bekostigbaar nie; dis ook heerlik, veelsydig en maklik om gaar te aak. 

Wenk:

Maak seker jy maak nie jou varkvleis oorgaar en droog nie. Verwyder uit die braaipan/oond voor die vleis begin droog raak en laat dit minstens 5 minute rus voordat jy dit sny. Ons weeklikse wenke en maklike resepte-idees sal jou help om ‘n paar keer per week ‘n heerlike ete op die tafel te sit. 

Besoek SA Pork se webtuiste vir meer inligting.

Rek jou rande… met varkvleis 

Geen ander vleis gee jou dieselfde waarde vir geld as varkvleis, wat nou volop en uiters bekostigbaar is nie. Vergelyk gerus vleispryse per kilogram, en jy sal sien dat varkvleis elke keer die beste kopie is. 

Moderne produksiestelsels in  kommersiële boerderye verseker dat varke grootgemaak word in ‘n beskutte, skoon omgewing met die beste moontlike dierewelsyn- en volhoubaarheidsbeginsels. ‘n Magdom prosesse en biosekuriteits-maatreels word streng toegepas en voortdurend gemonitor. Dit verseker dat Suid-Afrika se varkvleis van wêreldklas gehalte is en heeltemal veilig is om liggaar of selfs effens pienk in die middel voor te sit.

Of jy dit nou braai, oondrooster of in die pan gaarmaak, verwyder dit betyds van die hitte en laat rus dit vir 5 – 7 minute om te verhoed dat dit droog word. Sappige, liggaar vleis smaak baie lekkerder as vleis wat droog is. Wees op die uitkyk vir kostebesparende varkvleispakke in jou supermark. Dit bevat dikwels ‘n stuk varkboud, ‘n paar varkrepe(“rashers”) en tjops. 

Hier is smullekker idees om dit gaar te maak. 

KRUMMELVARKTJOPS

SAPPO
Krummelvarktjops

Die meeste mense, maar veral kinders is gek na krummelvarktjops!

Genoeg vir 4 mense | Bereiding: 15 minute |Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Bestanddele:

Krummelvarktjops 

4 varktjops

sout en pas gemaalde swartpeper

125 ml (½ k) witbroodmeel

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

2 eiersolie vir vlakbraai

Krummelmengsel

250 ml (1 k) growwe broodkrummels

45 ml (3 e) geroosterde sesamsaadjies (opsioneel)

15 ml (1 e) komynsaadjies

15 ml (1 e) koljandersaadjies

5 ml (1 t) vinkelsaadjies

5 ml (1 t) gedroogde tiemie
Kruiejogurt

250 ml (1 k) ongegeurde volroomjogurt

10 g koljanderblare, gekap

’n knippie fyn komyn

15 ml (1 e) heuninglemoenslaai vir voorsit (lees die wenk)

Maak so:

Krummelvarktjops

  • Geur die tjops met die sout en peper.
  • Meng die meel, koljander en komyn.
  • Rol die tjops in die meelmengsel en skud die oortollige meel af.
  • Klits die eiers.

Krummelmengsel

  • Verwerk die krummels, al die saadjies en tiemie in ’n voedselverwerker tot fyn. Doop die tjops in die eier en rol in die krummels.
  • Verhit net-net genoeg (nie te veel nie) olie vir vlakbraai en braai die tjops tot gaar. (Braai eers alkant bruin oor hoë hitte tot alkant geseël, verlaag dan die hitte, plaas ’n deksel liggies op en “stoombraai” tot die tjops net gaar, maar nie droog is nie.)
  • Laat die tjops op kombuispapier dreineer.

Kruiejoghurt

  • Meng al die bestanddele.
  • Sit die tjops voor saam met die jogurt en ’n lemoenslaai, indien verkies (lees die wenk).

Wenk 1:

  • Lemoenslaai: Sny 2 lemoene in segmente en rangskik op slaaiblare. Drup ’n bietjie olyfolie oor.

Wenk 2:

  • Moenie te veel tjops op een slag in die pan pak nie. Dit verlaag die hitte, die vleis neem dan langer om buite-om te seël en absorbeer dan meer olie wat die vleis onnodig vetterig maak.
  • Sny die vetrandjie van die vleis af voordat die tjops gekrummel word. Sny in stukkies en braai dit uit in ’n pan. Gebruik nou die vet saam met die olie om die tjops in te braai. Die varkvet verbeter die geur van die gebraaide tjops.

VARKREPIES MET MENTSOUS EN POLENTA

SA Pork
Varkrepies

Polenta smaak heerlik saam met varkvleis. Sit ’n vars mentsous daarby voor om dit ekstra spesiaal te maak. Pleks van die varkrepies, kan jy ook varkboud gebruik.

Genoeg vir 4 mense | Bereiding: 10 min | Gaarmaak: 25-30 min

Bestanddele:

8 varkliesrepies (“pork rashers”)

sout en vars gemaalde peper

Mentsous

10 g vars ment, gekap

10 g pietersielie, gekap

10 ml (2 t) suiker

2 ml (½ t) fyn sout

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) appel- of rysasyn

Vir voorsit

375 ml (1½ k) polenta of growwe mieliemeel

Maak so:

  • Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuitmet kossproei.
  • Geur die repies alkant met die sout en vars gemaalde peper.
  • Pak op die draadraken rooster 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.

Mentsous

  • Klits die bestanddele goed saam en giet oor die warm vleis.

Vir voorsit

  • Berei die polenta of mieliepap voor volgens die aanwysings op die verpakking,geur met sout en skep in die bakkies.
  • Pak die repies bo-op, giet die orige sous oor en sit voor.


Wenk

  • Hoe om varkboud te oondbraai:Keep die swoerd in en vryf goed in met sout. Vryf die vleisgedeelte ook in met sout en peper en bietjie mosterd, indien verkies.
  • Plaas op die rakkie van ’n oondpan, plaas die rakkie op die oondpan, bedek liggies met tinfoelie, giet bietjie water onder in die oondpan en oondbraai by 160°C vir 25 minute per 500 g plus 25 minute of tot die boud gaar is en die vleissappe helder uitkom wanneer jy ’n vleispen insteek.
  • Verwyder die foelie, vryf nog sout oor die swoerd en rooster vinnig onder die roosterelement tot die swoerd lekker bros is. Laat 10 minute rus, sny in skywe en sit voor op die polenta. Skep die mentsous oor.

VARKNEKSTEAKS MET KRUIEBOTTER

SAPPO
Varknek Steaks

Genoeg vir 6—10 mense | Bereiding: 15 min | Gaarmaak: 20 min


Bestanddele:

6-10 varkneksteaks sonder been (vra die slaghuispersoneel hiervoor) 

20 ml (4 t) olyfolie 

15 ml (1 e) botter, (plus 60 ml ekstra vir die sous)

2 knoffelhuisies, fyngekap 

2 stukke vars gemmer, geskil en gekap (dieselfde hoeveelheid as die knoffel)

15 ml (1 e) fyn koljander 

5 ml (1 t) fyn naeltjies 

Sout en peper na smaak 

Fyngerasperde skil en sap van een klein suurlemoen 

15 tot 30 ml (1-2 e) gekapte, gemengde vars kruie (bv koljander, kruisement, basiliekruid en pieterslielie)   

Maak so:

  • Geur die varksteaks met sout, peper en die droë speserye. 
  • Verhit die olie en botter in ’n pan tot warm, maar nie rookwarm nie. 
  • Braai die varksteaks, knoffel en gemmer eers heeltemal aan die een kant van die steaks (moenie dit te gou omdraai nie). Wag tot die onderkant ’n goudbruin bros lagie gevorm het voor jy dit omdraai. 
  • Braai die steaks liggies aan die anderkant, maar net totdat dit mediumgaar is. 
  • Verwyder die pan van die stoofplaat en laat staan nog 5 minute. Die varksteaks sal dan verder gaar word, maar nie droog wees nie. 
  • Gebruik dieselfde pan waarin die steaks gebraai is (behou die pansappe) en verhit die botter, suurlemoensap en -skil daarin. Geur met sout en peper, klits met ’n vurk of spaan en voeg die vars kruie by. 
  • Skep die bottersous oor die steaks of doop elke steak in die sous om dit goed te bedek voordat dit voorgesit word.