Noudat ons meer tyd binnenshuis deurbring, is eSport ’n wonderlike manier om kinders besig te hou en breinkrag ’n hupstoot te gee – en die ekstra oefening kan handig wees vir die eersdaagse eSport-toernooi.

Mind Sports South Africa (MSSA) het kragte saamgespan met die Noordwes-universiteit (NWU) om ’n sportgeleentheid aan te bied wat verby die sportveld strek en jou energie op geestelike vlak aanlyn toets met speletjies waarmee talle van ons grootgeword het. Dis nou ’n amptelik erkende eSport en jy kan groot wen sonder om jou huis te verlaat. 


Meer oor MSSA

Mind Sports South Africa (MSSA), die nasionale beheerliggaam van die sport, is ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Konfederasie van Sport en Olimpiese Komitee (SASCOV) en word deur die Departement van Sport en Ontspanning (SRSA) erken.

E-Sport bevat speletjies soos FIFA 20, Tekken 7, Dota 2, League of Legends, Street Fighter, Counter-Strike Go en aanlynoorlogspeletjies soos Pike & Shot.

Los die kolf en bal – e-Sport behels konsolespel, mobiele speletjies, PSP-speletjies en persoonlike rekenaarspeletjies.

Baie leerders kon reeds streeks-, provinsiale en nasionale kleure verwerf, wat hulle in staat gestel het om beurse te ontvang en eersteklas-opleiding te verwerf. Nou kan jy ook!

Neem deel aan die NWU MSSA 2020 e-Sport Skoletoernooi

Die inskrywingsfooi is R35 per speler en daar is groot geld op die spel. 

Drie skole staan ’n kans om  R5 000 elk te wen en een leerder kan ’n beurs van R30 000 by die NWU wen. 

Vanjaar is daar drie skolespan-kompetisies: 

  • Pro Evolution Soccer 2020 (PES) – R5000
  • Paladins – R5000
  • DotA 2 – R5000
  • Die Street Fighter V–beurs beloop R30 000.

Datum:

Die kompetisie begin die week wat eindig op 17 JULIE 2020. Sien asb. ons gebeurteniskalender  

Vir die registrasieproses en aansoekvorm, stuur asb ’n e-pos aan schoolesport@partnermedia.co.za

Lekker speel!