En noudat ons dit meer dikwels moet buite waag, wil ons graag weer ons voorkoms opkikker en ons vroulikheid vier.

Kom kuier saam met Huisgenoot en Minki van der Westhuizen tydens dié regstreekse aanlyn gesprek. Ons gaan gesels oor die uitdagings en lesse van die inperkingstyd, en oor die mode- en skoonheidsneigings wat kom.

Jy kan ook jou vrae vra en ons paneel sal dit bespreek en beantwoord!

Kry jou kaartjies vir R50 by Computicket.

WAT BEHELS DIT?

Op Dinsdag 7 Julie kan jy om 20:00 inskakel vir ’n aanlyn gesprek oor mode en skoonheid.

Huisgenoot se joernalis Charlea Sieberhagen-Grey sal met Minki van der Westhuizen en Abby-Gene Bissolati van Huisgenoot se leefstylspan gesels oor hul mode- en skoonheidswenke, die trends vir 2020 en hoe jy die mode en skoonheid-uitdagings van hierdie tyd te bowe kan kom.

Skakel in en sluit aan by die gesprek!