Stel jou voor jy ontspan in ’n lowergroen tuin omring deur blomme en alles wat mooi is. Beter as dit kan dit nie! 

Dit is Tuindag op Sondag, 21 Oktober, en of jy nou kies om dit in jou eie agtertuin, in jou bure se tuin of selfs op ’n balkon met ’n uitsig oor die stad deur te bring, dit gaan daaroor om die gereedskap weg te pak, die sweet van jou aangesig af te vee, en jouself tyd te gee om die vreugdes van ’n tuin in watter grootte of vorm ook al te waardeer. 

Tuinmaak om te wen 

Volgens ’n onlangse ondersoek bestee mense gewoonlik 20% meer tyd aan werk in hul tuin as wat hulle daarin ontspan. Dieselfde ondersoek toon mense voel gelukkiger wanneer hulle in hul tuin is as wanneer hulle uit is of televisie kyk.

Die voordele van tuinmaak is eindeloos. Nie net bring tuine gemeenskappe en mense bymekaar nie, maar tuinwerk is ook bewese om stres te bestry sowel geestelike as liggaamlike gesondheid te bevorder. 

Dis ’n viering

Makliker kan dit nie wees om aan Tuindag deel te neem nie: Besluit hoe jy jou tuinruimte saam met familie, vriende en bure wil vier, en laai dan ons gratis digitale en drukbare Tuindag-uitnodiging af om vir almal te stuur en hulle te nooi om op Sondag 21 Oktober by jou aan te sluit. 

Verskaf

Maak gereed vir Tuindag

Of jy nou ’n groentjie of ’n gesoute tuinier is, bevorder in die aanloop tot Tuindag 2018 jou tuinmaakvaardighede deur die gratis Candide-tuinmaak-app af te laai.

Die app verbind jou aan ’n biblioteek van tuininligting en bied jou toegang tot die voorste Suid-Afrikaanse tuinkenners, asook nuttige wenke en artikels, onder meer resepidees en gidse – dit help jou selfs die naaste tuinsentrum identifiseer om jou tuin vir Tuindag gereed te kry. 

Verskaf

Het jy inspirasie nodig?

Hier is ’n paar idees oor hoe om Tuindag te vier: 

1. Hou ’n blommekroon-partytjie 

Wie hou nie van ’n blommekroon nie? Soos op die onlangse voorblaaie van die Britse en Amerikaanse Vogue gesien, dra selfs Rihanna en Beyoncé blommekrone.

Geniet ’n ontspannende middag saam met jou vriende terwyl julle saam krone maak en heerlike kos en yskoue vonkelwyn geniet. Gebruik vars blomme en blare uit jou tuin om vir jou gaste blommekrone te maak.

Kyk Suzelle DIY se video vir ’n stap-vir-stap-gids oor hoe om die volmaakte blommekroon vir Tuindag te maak.

Of hoekom woon jy nie een van die gratis blommekroonmaak-stalletjies by die Neighbourgoods-markte op 20 Oktober in Kaapstad en Johannesburg by om jou eie een te maak nie? Gaan kyk hier om te registreer. 

Verskaf

Verskaf

2. Hou ’n teepartytjie

Lig ’n teekoppie en laat jou innerlike hertog of hertogin na vore kom. Dis die seisoen vir tee-, of selfs beter, ysteepartytjies in die tuin! Benut jou ruimte, of dit nou ’n kothuistuin of ’n agterplaas is, deur vir dié Tuindag ’n buitemuurse viering aan te bied.

Voeg ’n blomme-servetring by om jou borde elegant te laat lyk of maak ysblokkies met eetbare blomme in om jou drankies te verfraai. 
 

Verskaf

3. Hou ’n plantklub 

Pleks van ’n boekklub, nooi jou vriende vir ’n plantklubbyeenkoms. Vra jou gaste moet ’n interessante plant bring en dit onder die groep uitruil. Dit is ’n lekker manier van vier as jy ’n klein balkon, patio, binnehof of selfs ’n ry potte in die vensterbank het. Jy sal aan nuwe plante voorgestel word en iets anders hê om by jou tuinruimte te voeg.

Dit maak nie eintlik saak hoe groot of klein jou tuin is nie. Wat belangrik is, is om jou eie weergawe van ’n geplante paradys te waardeer en dit met vriende en bure te deel. 

Verskaf
 

4. Hou ’n deli-styl-piekniek

Buite eet is een van die lente se grootste plesiere. Skep ’n deli-styl-piekniek deur bloot ’n kombers in jou agterplaas of ’n openbare park oop te gooi en ’n keur van doopsouse, brode, kouevleis en vingerkos te geniet. Piekniek is ook ’n lekker manier van onthaal.

Maak jou piekniek nog meer spesiaal deur jou eie doopsouse in ’n verwerker te maak en vars kruie uit jou tuin te gebruik. 
 

Verskaf

5. Hou ’n braai 

Is daar iets beters as die reuk van ’n braai? Reël een in jou eie tuin met vriende, musiek en kos. Beter nog, gebruik kruie uit die tuin om die vleis te geur. Vir ekstra flair, skep pragtige blommerangskikkings vir jou tafel om jou gaste te beïndruk.
 

Verskaf

 

Wys vir ons hoe jy Tuindag vier deur @gardendaysa by te haak of gebruik #gardenday in jou plasings, twiets en Instagramfoto’s.

Vir nog idees oor wat jy op Tuindag kan doen, besoek gardenday.co.za.