Dink jy jou kind is toegerus vir die 21ste eeu?

As ouers wonder ons altyd of ons kinders die nodige vaardighede geleer het om suksesvol te wees wanneer hulle die skool verlaat. In ’n tyd waarin digitale geletterdheid bykans basiese geletterdheid en wiskunde oortref, is dit voordelig om die huidige kurrikulum te versterk en by te dra tot hul opvoeding sodat jou kind nie agtergelaat word nie.
Met ’n groeiende digitale landskap en nuwe beroepstitels wat gedurig opduik – om nie eens te praat van die lewensgetroue robotte wat ons dalk nog eendag gaan vervang nie – is dit belangrik om tred te hou met die tye. Een voorbeeld hiervan is rekenaarprogrammering. 

Wat is programmering?

Programmeringstale is oral om ons. Dis wat ons gebruik om met rekenaars te kommunikeer – en dis ’n “taal” met verreikende voordele. Programmering is wat dit vir ons moontlik maak om rekenaarsagteware, sosiale apps en webtuistes te skep. Ons gebruik die internet daagliks, hetsy op ons foon of rekenaar, en dié toestelle gebruik almal sagteware; daarom is dit ’n waardevolle vaardigheid om sagteware te verstaan. 

Voordele van programmering

* Programmering verbeter kreatiwiteit, probleemoplossing en kommunikasie. Pleks van om ’n videospeletjie te speel of ’n app te gebruik, het kinders ’n uitlaatklep om hulself uit te druk en te dink oor hoe die speletjie werk. Hulle leer ook hoe om ’n probleem te benader, wat logiese en vindingryke denke aanmoedig. 

* Jou kind gaan eindelik beskik oor ’n gesogte vaardigheid wat talle ander mense nie het nie. Programmering sal hulle ’n mededingende voordeel gee wanneer hulle aansoek doen vir universiteite, internskappe en werksgeleenthede.

Of jou kind ’n kunstenaar, bemarker, ingenieur, wetenskaplike of sjef wil wees, sagteware sal ongetwyfeld ’n groot rol speel in hul lewe in ’n wêreld wat deur programmering aangedryf word. 

Hoe om jou kind aan programmering bekend te stel

Nes taalontwikkeling word programmering makliker en natuurliker aangeleer op ’n jong ouderdom.

* ’n Geleidelike inleiding en ’n ál boeiender speelervaring is altyd ’n goeie manier om die aanleer van enige vaardigheid te fasiliteer. Moedig opvoedkundige vermaak en speletjies aan wat jou kind help om programmaties te dink – soos die verskillende stappe wat dit behels om eenvoudige aktiwiteite te doen. 

*Probeer aanlyn kursusse. Daar is ’n aantal kursusse beskikbaar om jou en jou kind se vaardighede te slyp. Om iets van aangesig tot aangesig by ’n kenner te leer is egter beter vir jonger leerders. 

* Jy kan jou kind inskryf vir Think Ahead se CodeSpace-vakansieklubs. Die eendag-werkswinkels leer die basiese beginsels deur prettige en praktiese aktiwiteite. 

Meer oor Think Ahead

Think Ahead Education Solutions werk saam met skole oor Suid-Afrika heen. Die maatskappy se CodeSpace-program help skole om programmering in hul klaskamers bekend te stel en bied ook buitemuurse klubs en vakansiekampe vir leerders aan.

Met klasse vir voorskoolse tot matriekleerders, van beginners tot ontluikende app-ontwikkelaars, kan almal deel in die pret.

Stuur e-pos na codespace@thinkahead.co.za vir meer inligting.