Hier is ’n paar redes dat www.wolkskool.co.za deel moet vorm van enige gesin se wedstrydplan met dié “hekwag”.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) se onlangse navorsing onder 1 290 matriekleerlinge dui daarop dat hoe meer ekstra klasse ’n leerling het, hoe swakker vaar hulle in wiskunde.

Dit is my mening dat leerlinge te veel begin staatmaak op die hulp van die “ekstra-klas-tannie”, maar dat die een of twee uur by ekstra klasse nie kan vergoed vir ’n passiwiteit wat moontlik in die klaskamer ontstaan nie. Wees dus waaksaam, want meer ekstra klasse kan skade aan jou kind se prestasie in wiskunde aanrig – navorsing bewys dit.

Daarenteen is die Skoleondersteuningsentrum se Wolkskool (www.wolkskool.co.za) daarop gerig om leerlinge deur middel van kort video’s sporadiese hulp te verleen met wiskundeonderwerpe, waar hulle hulp in een spesifieke onderwerp in wiskunde benodig.

Videoplatforms waar hulp aan kinders gegee word, soos Khan Academy, is wêreldberoemd. Tog is die gebruik van sulke platforms baie beperk in gevalle waar die video’s nie met die kind se spesifieke kurrikulum ooreenstem nie. Kinders wil nie “sukkel” om die hulp te kry waarna hulle nóú op soek is nie, en ’n skatkis vol hulp soos Khan gaan grootliks ongebruik verby.

Wolkskool is die Afrikaanse Kahn Academy waar leerlinge die inhoud van die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum maklik sal vind en waar hulle nóú hulp sal kry met dit waarmee hulle nóú sukkel.

Niemand van ons hou daarvan om na lang video’s op die internet te kyk nie. Daarom is video’s wat goed doen op Facebook en ander sosialemediaplatforms kort en kragtig. Kinders is hiermee nie anders nie. Geen wonder navorsing bewys dat opvoedkundige video’s ongeveer ses minute lank moet wees nie.

Hoewel heelwat video’s op Wolkskool bedoel is om volledige lesse te wees waarby tuisskoliere en ander leerlinge wat geen wiskundeonderwyser het nie, kan baat vind, is daar meer en meer kort video’s waarin onderwerpe een vir een kort en kragtig behandel word.

Dit bly belangrik vir enige leerling om blootgestel te word aan ’n verskeidenheid vrae wat opgestel word deur ’n verskeidenheid onderwysers. Om vraestelle en toetse deur te werk is ’n kardinale deel van goeie wiskundevoorbereiding.

Toegang tot ’n wye verskeidenheid wiskunde-assessering is problematies, maar deur Wolkskool ontvang Helpende Hand-lede ? koopbewys ter waarde van R600 vir www.diemarkplein.co.za, waar leerlinge oefenvraestelle en -toetse kan koop.

Om die aand voor ’n toets of eksamen hulp te kry in ’n laaste paar onderwerpe of ’n spesifieke probleem, is ’n uitdaging. Soms kan ’n ouer die nodige hulp verleen, maar weens ’n logiese gebrek aan wat navorsers noem “wiskundige kennis vir onderwys”, veroorsaak ’n ouer meestal meer probleme as oplossings.

Deur Wolkskool kry leerlinge 24/7-toegang tot ? wiskundekenner met jare lange ervaring en meer as genoeg “wiskundige kennis vir onderwys” wat sal lei tot gemak en vreugde, eerder as trane en frustrasie.

SMS die woord “Wolk” na 39950 (R2).