Trek jou oefenklere aan en spring aan die werk. Jy hoef nie een dag langer uit te stel om jou droomlyf te kry nie. Met Huisgenoot Geen Gim is dit met die druk van ’n knoppie beskikbaar.

WAT KRY JY?

  • ’n Volledige oefenplan van 3 weke wat jy oor en oor kan doen of kan aanpas wanneer jy fikser word. Elke week bied 3 intense weerstandgebaseerde oefensessies, 1 lae-intensiteit-kardio-sessie en 1 joga-/strekgebaseerde sessie.
  • Daar is bykomende oefensessies wat afwisseling bied – omdat jy jou plan kan aanpas, sal dit keer dat jy verveeld raak.
  • Die plan sluit duidelike sketse en beskrywings van die oefenbewegings in.
  • Gebruik die stap-vir-stap-aanwysings of video’s wat wys hoe om meer uitdagende oefeninge te doen.
  • Daar is ook toetse en oefeninge om die wanbalanse in jou liggaam te herstel.

Prys: R495 – eenmalig. Jy betaal net één keer!