Die Tempo-wenners in die fliek-afdeling is Woensdag bekend gemaak.

Fliek van die jaar

Die aktrises Quanita Adams, Diaan Lawrenson en die sangeres Leah het Huisgenoot-lesers só vermaak in die Afrikaanse chick-fliek Susters, dat dié fliek vanjaar met die Tempo vir fliek van die jaar bekroon is.

Aktrise van die jaar (fliek)

En Diaan kan veral trots wees, want sy stap boonop weg met die Tempo vir Fliek-aktrise van die jaar vir haar rol as Ingrid in die drama Raaiselkind. Dié fliek is gegrond op die skrywer Annelie Botes se boek oor ’n outistiese seun.

Akteur van die jaar (fliek)

Armand Aucamp is aangewys as Akteur van die jaar vir sy rol as Jan van Riebeeck in die drama Krotoa.

Leesboek van die jaar

In die afdeling vir leesboek van die jaar, het Huisgenoot-lesers se stemme gesorg dat die skrywer Dana Snyman met die Tempo wegstap vir sy boek Op pad: ’n Reisjoernaal.

Omroeper van die jaar

In die afdeling vir Omroeper van die jaar het Rian van Heerden, Jacaranda FM-aanbieder, die meeste stemme gekry.

Die vermaakster van die jaar word op 1 November bekend gemaak.