Maak seker jy stem vir 2018 se benoemdes! Elke kategorie het ses benoemdes, tensy anders aangedui. Die aanspraakmakers op die Tempo-beeldjies is aangewys deur Huisgenoot se redaksie en is die Afrikaanse talent wat tussen 1 April 2017 en 31 Maart 2018 ons aandag getrek het. 

HOE STEM EK? 

Rol af (hou moed!), en stem nou aanlyn op ons interaktiewe vorm hieronder! 

So nie kan jy ook SMS. So maak mens: SMS die kode van die benoemde van jou keuse gevolg deur ’n hutsteken (#) voor 3 Oktober om 15:00 na 35407. Byvoorbeeld: A5# of C3#. Elke SMS kos R1,50. Net 19 stemme per selfoonnommer word toegelaat. Jy kan slegs een stem by elke SMS insluit. Die SMS-kodes verskyn volledig in die tydskrif se uitgawe van 21 September, wat vanaf 14 September beskikbaar is.

OP JOU MERKE, GEREED, STEM! 

Stem hier vir jou gunstelinge, en onthou jy kan net een keer in elke afdeling stem!