Jy luister dalk oor en oor na Refentse se album Deur my Venster wanneer jy in jou kar werk toe ry. Of dalk sit jy dit eerder aan as jy die langpad aandurf.

Gee Juanita du Plessis se gospelalbum Koningskind jou hoendervel? Maak Karlien van Jaarsveld se pop-treffers jou lus vir dans?

Nuweling van die jaar

Die aantreklike blondekop-sanger Elandré Schwartz is aangewys as die nuweling van die jaar met sy album Kleindorp-dromer.

Gospelalbum van die jaar

Die wenner is Juanita du Plessis met haar album Koningskind.

Kontemporêre album van die jaar

Refentse se tweede album, Deur my Venster, is deur Huisgenoot-lesers aangewys as die kontemporêre album van die jaar.

Pop- /sokkie-album van die jaar

Dis natuurlik Karlien van Jaarsveld se pop-album Sing vir Liefde.

Liedjie van die jaar

Steve Hofmeyr se trefferlied Feeslied het hier met die louere weggestap.

Musiekvideo van die jaar

En dié kategorie is deur Jo Black, die sanger met die lang swart baard, met sy video Bring die Hoop Weer gewen.

Dinsdag maak ons die wenners van die TV- en fliek-kategorie bekend!