Jy krap dalk kop oor hoe om die kleingoed gelukkig en vermaak te hou hierdie vakansie. Alles gaan daaroor om spesiale oomblikke skep, en daar is altyd hope om te doen waar jy jou ook al bevind. Of jy ’n nuwe bestemming op die kaart kies en afsit op ’n avontuur of ’n piekniekmandjie pak en strand toe gaan, dit hoef nie ’n plaas se geld te kos om die kinders besig te hou nie. 

As niks anders werk nie, kry die klomp bymekaar en spring in die motor. Hoekom nie avontuurlustig wees en kyk waar die pad julle neem nie!

Vyf topbenodigdhede wanneer jy die pad vat

1. Beplan vooruit 
Maak ’n lys van die reis-noodsaaklikhede en hou dit byderhand. Hou die kleingoed besig met hul gunstelingspeelgoed of laai e-boeke en aktiwiteite op ’n tablet.
Wenk: Omskep ’n koekiepan in ’n aktiwiteitsblad vir die kleingoed.


2. Maak ’n lekker speellysie
Hou die energie aan die gang met ’n versameling klassieke en gunstelingliedjies waarmee almal kan saamsing. Dis die perfekte geleentheid om karaoke in die kar te sing. Moenie die lugkitaar vergeet nie!


3. Speletjies
Bedink prettige speletjies om die energievlakke hoog te hou en die rit ’n plesierige ervaring te maak. As aspaai speel nie meer werk nie, kies die digitale roete en laai ’n paar apps af op jou foon. Die opsies is eindeloos.


4. Veiligheid eerste
’n Noodhulpstel is ’n moet vir jou reis – en saam met die pleisters moet jy ook onthou om handreiniger, toiletpapier en water in te pak om gehidreer te bly. Dis altyd beter om vooruit te beplan as daar kleingoed by is.


5. Padkos en petrol 
Wat is ’n vakansierit sonder padkos? Pak ’n mandjie of stop iewers om bene te rek en die kinders te bederf. Vulstasies het gelukkig ook gerieflike uitspanplek langs die pad. Hoekom nie ’n Caltex-vulstasie kies nie vir jou volgende stopplek nie? Gooi petrol in en jy kan fantastiese kontantpryse wen!

R30 000 op die spel! 

As jy droom van ’n minivakansie of ekstra kontant hierdie vakansie benodig, skryf in vir ons kompetisie. Ons gaan oor die volgende vier weke R5 000 per week weggee, asook ’n boerpot van R10 000 in die laaste week van die vakansie. Gryp die geleentheid aan om te verken en wen!

Neem so deel 

1. Spandeer R300 of meer wanneer jy jou tenk tussen 20 Maart en 15 April 2018 by ’n Caltex vul. 

2. Hou jou strokie – wenners sal hul strokies as bewys van betaling moet wys.  

3. Vul die vorm hier onder in.