Dit is nou van die sjiek Anneline Kriel tot die grasieuse Rolene Strauss wat die hele wêreld verower het toe sy ons derde Mej. Wêreld geword het. 

So het die krone waarmee ons skoonhede gekroon is ook deur die jare verander en elkeen het ’n besondere betekenis. 

Die kroon waarmee vanjaar se wenner op 9 Augustus, Vrouedag, gaan wegstap, weeg ’n halwe kilogram en is van silwer gemaak, met 2 586 skitterende sirkoniastene daarby. 

Vanjaar se Mej. SA-kroon verteenwoordig die “skoon
Vanjaar se Mej. SA-kroon verteenwoordig die “skoonheid van die reënboog”. Foto: Verskaf
 Dit is deur American Swiss en die wêreldbekende juwelierontwerper Johan Louw ontwerp en heet uBuhle Bethungo Lenkosazana, die Zoeloe vir “skoonheid van die reënboog”.

“Die naam is gekies om die kompetisie en die land se kulturele diversiteit te vier,” verduidelik Zimbini Peffer, bemarkingshoof van American Swiss. 

Die kroon se versiering is deur Ndebele-patrone geïnspireer, sê Johan. 

“Om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word is nie net ’n eer nie; jy het ook ’n verantwoordelikheid as ’n ambassadeur van Suid-Afrika. Daarom wou ek hê die vrou moet gekroon word met iets wat mense dadelik aan Suid-Afrika sal herinner.” 

Dit het altesaam 192 uur gekos om die kroon te maak. Dit moes eers digitaal ontwerp word, en die ontwerptemplaat moes toe met ’n 3D-drukker gedruk word.

Net die sortering van die sirkoniastene het 36 uur geduur, en om dit te set nog 64 uur. 

Dit was ’n groot werk, erken Johan, maar beslis die moeite werd. 

“Die kroon vier die belangrikheid van vroue in die samelewing, en ook hul bydrae tot die nasie,” sê Zimbini. 

Die Buhle-kroon is reeds bekendgestel. Ons nuwe Mej. Suid-Afrika sal dit op spesiale geleenthede dra. Intussen sal dit onder veilige bewaking toegesluit word.

“Ons is baie in ons skik met Buhle,” sê die organiseerder van die kompetisie, Stephanie Weil. “Sy gaan die koppe laat draai, nes haar naam en die eerste vrou wat haar gaan dra.”

Vorige kroon

Liesl Laurie (2015) met die Palesa-kroon. Foto: In
Liesl Laurie (2015) met die Palesa-kroon. Foto: Instagram/@liesllaurie

Die nuwe Buhle-kroon vervang die vorige Mej. Suid-Afrika-kroon, wat eerste deur Mej. SA 2016, Ntandoyenkosi Kunene Mthethwa, gedra is en twee jaar gebruik is.

Dié kroon, met die naam Enhle (Zoeloe vir “beeldskoon”), het al die vorige wenners se name daarop gegraveer gehad.

Enhle het die Palesa-kroon vervang, Tswana vir “blom”. Rolene Strauss was in 2014 die eerste wenner wat dié platinumkroon met 230 diamante gedra het. 

Rolene Strauss (2014) met die Palesa. Foto: Instag
Rolene Strauss (2014) met die Palesa. Foto: Instagram/@rolenestrauss

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.