Soggens kan ’n dolle gejaag wees.

Jy moet jou kinders se rugsakke inpak, kosblikke regkry en seker maak hulle lyk netjies. Die oggend-haarsituasie is gewoonlik ’n kopseer, van koeke uitborsel tot ’n styl probeer regkry.

Nie net is die style hieronder ideaal vir skool nie; dit is nommerpas vir enige geleentheid en is geskik vir alle haarsoorte. Hierdie oulike en maklike haarstyle kan in minute geskep word, net reg vir die besige ma. Maak jou lewe makliker deur vir jou dogter een van hierdie moeitelose, byderwetse kapsels te gee.

FRANSE VLEGSEL

  • ’n Franse vlegsel sal nie deur die dag los raak of ontknoop nie en sal die hare uit haar oë hou.
  • Begin met drie seksies aan die bokant van die kop en kruis die een oor die ander, net soos jy sou maak wanneer jy hare gewoonweg vleg.
  • Vat ’n klein seksie hare van die kant terwyl jy van die een kant na die ander oorkruis. Herhaal tot al die seksies van albei kante gebruik is. Vleg dan regaf en bind met ’n haarrekkie vas.

LAE PONIESTERTVLEGSEL

  • Borsel al die hare na agter. Skep twee horisontale segmente. Begin van die slape tot jou vingers aan die agterkant van die kop aan mekaar raak. Maak die seksie in ’n ponie vas.
  • Verdeel die seksie hare in drie dele en begin dan vleg tot jy by die agternekholte kom.
  • Bind al die hare met ’n haarrekkie in ’n poniestert vas.
Steek los haartjies naweke met bont knippies vas

VERSORG LANG HARE

  • Wanneer jy vlegsels en poniesterte maak, sorg dat dit nie te styf is nie en moenie rubberrekkies gebruik nie.
  • Stel die hitte laag wanneer jy haar hare droogblaas.
  • Spoel baie droë hare goed uit en wend opknapper aan.
  • Gebruik ’n wyetandkam gereelder as ’n borsel.
  • Gebruik ’n ligte ontknoper nadat die hare gewas is. Begin by die punte en werk stadig opwaarts terwyl jy koeke sagkens met jou vingers loswoel.
Wen tot R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto!
Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe? Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen. Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Die kompetisie begin op 15 Januarie 2020. Lees hier hoe die kompetisie werk en wat jy moet doen om die lekker kontantpryse te wen.