Blokraai Tydskrif
Foto: Verskaf.

Waarna kan jy uitsien?

  • Groot blokraaie
  • Fotoblokraaie
  • Blitsblokraaie
  • Kort raaisels
  • Anagramblokraaie
  • Koderaaisels
  • Breinknopers
  • Anagramblokraaie

Van die redakteur

Die wonderlike entoesiasme en lojaliteit van Huisgenoot se blokraai-ondersteuners is vir ons kosbaar.

Gereeld ontvang ons e-posse van mense wat oor blokraaie wil gesels, hul liefde vir raaisels deel, kreatiewe voorstelle vir toekomstige uitgawes maak of sommer net wil hoor wanneer die volgende raaiseltydskrif beskikbaar sal wees.

Ons waardeer elkeen van hierdie skrywes en glo die versameling raaisels wat ons vir die jongste uitgawe uitgekies het, gaan elke woordliefhebber hope plesier verskaf.

Huisgenoot-Blokraaie no. 27 is nou in al die groot winkels te koop. Of bestel jou eksemplaar aanlyn by huisgenootwinkel.com – ons laat dit by jou voordeur aflewer!