Huisgenoot
Foto verskaf

Wat is dit?

Blokraai Regstreeks is ’n aanlyn speletjiesprogram waar jy ander blokraai-geesdriftiges ontmoet, saam-saam oor leidrade kopkrap en lekker pryse wen.

Hoe werk dit? 

Deelname is gratis, maar jy moet met ’n e-posadres registreer. Die skakel na die uitsending sal na daardie e-posadres gestuur word.

Ons volgende kuier is op 1 Julie. Gaan na Crowdcast om jou plek te registreer. Om 19:55 op 1 Julie klik jy op die skakel en kry jy toegang tot die uitsending. Ons begin stiptelik om 20:00.

Onthou

Omdat jy leidrade in ’n blokraai moet kan raaksien, werk ’n rekenaar beter as ’n selfoon. Die aanbieder gesels ’n bietjie met die groep en daarna deel sy haar skerm sodat almal dieselfde blokraai kan sien. Die groep gee antwoorde. By sommige leidrade is daar pryse versteek.

Die aanbieder: 

Gerda Engelbrecht is een van Huisgenoot se gereelde blokraai-opstellers. 

Wanneer:

Ons volgende kuier is op 1 Julie 2021.

Tyd: 20:00

Gaan na Crowdcast en bespreek jou plek nou! 

Wat kan ek wen? In hierdie uitsending gee ons vyf geskenkpakke van die eko-vriendelike Tangled Tree-wyne weg. Dit bevat Tangled Tree se Cabernet Sauvignon en Sauvignon Blanc. Elke geskenkpak is sowat R500 werd. Die gewilde Cabernet Sauvignon het heerlike sjokolade- en mokka-ondertone en die Sauvignon Black het verruklike vrugtige aromas.

Tangled tree kom uit die Van Loveren-kelder en bied uitstekende waarde vir geld. Nou beskikbaar by Spar, Makro, uitgesoekte takke van Pick 'n Pay of aanlyn by www.vanloveren.co.za. Volg Tangled Tree-wyne op Instagram of Facebook.