'n Woolies Winter-kookstryd.
Minki van der Westhuizen en Nic van Wyk. Foto: Verskaf.

Om jou te wys wat jy met min moeite op die tafel kan kry, bied VIA (DStv-kanaal 147) ’n spesiale kookprogram met die geliefde Minki van der Westhuizen as aanbieder: ’n Woolies Winter-kookstryd. Dié program word op Maandag 19 Julie om 17:30 vir die eerste keer uitgesaai.

Saam met haar in die ateljee gaan twee spanne wees wat in drie rondes gaan kyk wie die ongelooflikste winterkos op tafel sit. Span 1 is die bekende Kokkedoor-sjef Nic van Wyk en die bobaasbakker Yolani Abrahams. In span 2 is dit Clem Pedro, bekende sjef en kosstilis, en die TV-aanbieder Zoë Brown wat gereed staan om hulle ’n ding of twee te wys. Span 1 kook met net rou bestanddele, terwyl span 2 ’n kombinasie van Woolies se klaarbereide bestanddele en geregte gaan gebruik vir hul spyskaart.

Kykers gaan baie inspirasie kry uit die drie temas: die perfekte weeksaand-ete, tuisgemaakte “kitskos” en ’n winterfees vir die naweek.

En verwag maar dat die spanning hoog gaan loop, want elke span kry dieselfde tyd om Minki se opdragte uit te voer om heerlike kos – wat boonop mooi lyk – voor te sit. Al twee spanne gaan ook moet koes vir ’n onverwagse draaibal wanneer ’n ekstra Woolies-bestanddeel bygesit word wat deel van hul spyskaart moet word.

Chelesile Moyo, senior bemarkingsbestuurder van Woolworths Foods, sê kykers kan – net soos die deelnemers – al die gebruiklike winter-gunstelinge verwag: sop, stewige bredies, seisoensvrugte en gebakte nageregte. “Of jy graag self kook of net ’n klaarbereide maaltyd in die oond wil druk, ons maak dit vir jou maklik.”

’n Woolies Winter-kookstryd met Minki word aangebied in vennootskap met Woolworths. Kry die resepte uit dié spesiale program in Afrikaans gratis op netwerk24.com en in Engels by woolworths.co.za. Maak jou inkopielysie en kry alles wat jy nodig het, vars van die rak by jou naaste Woolies-winkel. Of bly veilig tuis, en bestel aanlyn.

Herhalings word uitgesaai op 21 Julie om 17:30, 23 Julie om 18:30, 24 Julie om 21:00, 25 Julie om 18:30, 26 Julie om 11:00 en 21:00, 27 Julie om 09:00, 28 Julie om 11:00, 30 Julie om 12:30, 2 Augustus om 15:00, 8 Augustus om 20:30 en 9 Augustus om 08:30.
Neem self deel aan die pret

Op Donderdag, 8 Julie, kan jy aansluit by ’n opwindende uur lange aanlyn Woolies-wintermeesterklas met Nic van Wyk, aangebied deur Minki van der Westhuizen.

Kom kry inspirasie en slim planne vir vinnige, maklike en smaaklike maaltye wat kleur en geur aan jou winterspyskaart sal gee.

Moet dit nie misloop nie – Donderdag, 8 Julie, om 18:00. Registreer hier.