Jy sal dalk nie met die eerste oogopslag Benny Booysen se gebrek opmerk nie. “Wanneer ons gaan inkopies doen, staar mense omdat my vrou al ons sakke moet dra, en ek weet hulle dink: Hoekom laat die ou sy vrou al die swaar werk doen?,” sê hy.

Nadat hy vier keer tydens ’n huisroof by sy huis by die Rietvlei Zoo Farm in die suide van Johannesburg geskiet is, het Benny (49) net 30% gebruik van sy hande. Dit het ’n groot impak gehad op sy lewe, maar hy bly positief.

“Mense kan my nou Benny ‘Bulletproof’ Booysen noem,” sê hy.

Die dag toe sy lewe verander

Benny was op die aand van 2 Oktober 2018 tuis saam met sy seun Matthew (17) en dié se vriend Keagan Perry. Sy vrou, Samantha (48), en hul twee ander kinders, Jordan (20) en Shaye (14), het in Pretoria oorgebly, omdat Jordan aan ’n trampolien-kompetisie deelgeneem het.

“Ek het sokker op TV gekyk. Dit was ’n mooi aand, maar ek het heeltyd ons hond hoor blaf, wat ongewoon was. Toe hardloop Matthew in die vertrek in en sê daar is vier vreemde mans in die tuin.”

Benny kon die glasskuifdeur toemaak voor die mans dit bereik het terwyl Matthew en Keagan gaan wegkruip het. Hy was op pad om die veiligheidshek toe te maak toe hulle hom deur die deur skiet – twee keer in sy linkerarm.

Hulle het die skuifdeur van sy spoor geskop en hom twee keer in die regterarm geskiet. Hy het nog gestaan, maar kon nie sy arms beweeg nie.

“Matthew het toe in die vertrek ingehardloop. Hulle het op hom ook geskiet, maar gemis en dis toe dat hy hulle smeek om my nie weer te skiet nie. Hy het hulle op ’n manier laat kalmeer,” vertel Benny.

Benny en Matthew.
Benny en Matthew. Foto: Verskaf

Keagan het dit reggekry om by die motorhuis uit te vlug. Benny en Matthew is aangesê om in die badkamer te wag terwyl die rowers die huis geplunder het.

Nadat hulle vertrek het, het Benny en Matthew na die plaashek gestap wat sowat 300 m weg was. Shadrack Tafeni, ’n Rietvlei-bestuurder, het hulle na die Netcare Mulbarton-hospitaal geneem.

Benny is later na die Netcare Union-hospitaal in Alberton oorgeplaas. Hy was drie weke lank in die hospitaal en het drie operasies ondergaan. Hy het besef sy hande werk nie toe hy ná die eerste operasie wakker word.  “Ek moes die knoppie om die verpleegster te ontbied met my tone druk.”

Sy dokters het aan hom meegedeel dat die skietwonde sy bragiale pleksus, ’n netwerk van senuwees, erg beskadig het, wat die verlies van gevoel en beweging in sy hande veroorsaak het. Hy het ’n maand en ’n half nadat hy ontslaan is, ’n senuwee-oorplanting in sy linkerarm ondergaan.

'Dis toe dat hy my gesê het Old Mutual gaan die volle dekking in ’n enkelbedrag uitbetaal. Ek het amper begin huil toe ek hoor hoeveel die betaling was.'

“My linkerhand is die ergste van die twee.” Hy het ook vir verskeie maande een keer per week rehabilitasie ondergaan.

“Die terapeut het verduidelik die belangrikste is die vermoë om jou hande te kan buig en toemaak. My greep het verbeter, maar ek kan steeds nie my vingers reguit maak nie, en my fyn motoriese vaardighede is weg.”

Dit beteken daar is verskeie alledaagse takies wat mense as vanselfsprekend aanvaar wat hy nie meer kan doen nie – soos om sy eie skoenveters vas te maak, sy kos te sny, te skryf, ritssluiters te gebruik, motorbestuur, ’n tablet te gebruik en selfs om inkopiesakke te dra.

Dit het Benny gedwing om sy konstruksie-onderneming te sluit en te bedank as assistentbestuurder by die Rietvlei Zoo Farm se piekniek-venue.

Ten spyte van hierdie terugslae glo Benny hy is gelukkiger as die meeste mense, want hy het sy familie en vriende se hulp en ondersteuning. En hy het twee jaar voor die rooftog die Old Mutual Ongeskiktheids-inkomste- en enkelbedragdekking asook die Gevreesde Siekte-dekking uitgeneem, asook ’n kwytskelding van die premie op sy aftree-annuïteit.

'Om die regte polisse te hê, het ’n groot verskil in my geval gemaak.'

“My vrou verpes versekeringsmakelaars. Sy sê hulle bring teëspoed en nadat hulle die polis aan jou verkoop het, sien jy hulle nooit weer nie. En ons albei het gevoel die polis is te duur en was dus aanvanklik huiwerig.”

Benny se versekeringsmakelaar en vriend, Kobie van Eeden, het egter hul polisse aangepas om hul begroting te pas en hulle het dit onderteken. Benny het aanvanklik gedink die eisproses sou tydrowend wees, maar hy en Samantha was kort voor lank genooi vir drankies saam met Kobie en sy vrou, Karen.

“Dis toe dat hy my gesê het Old Mutual gaan die volle dekking in ’n enkelbedrag uitbetaal. Ek het amper begin huil toe ek hoor hoeveel die betaling was. Om die waarheid te sê, ek dink ek het ’n traan gestort.”

Benny se Gevreesde Siekte-dekking het ook daaglikse aktiwiteite gedek wat hy nie meer kon doen nie en vir hom ’n addisionele enkelbedrag uitbetaal.

En sy Ongeskiktheidsinkomstedekking sal vir die res van sy lewe ’n maandelikse inkomste betaal, wat jaarliks toeneem met inflasie.

Boonop sal Old Mutual die maandelikse premies op sy annuïteit kwytskeld. “Danksy hierdie polisse hoef ek my nie vir die res van my lewe oor geld te bekommer nie. As ek dit nie gehad het nie, sou die finansiële implikasies groot gewees het en sou dit ons gesinslewe beïnvloed het. Ons sou ons eiendomme moes verkoop en my vrou sou ’n tweede werk moes kry.”

Op die herstelpad

“Ek is nou ’n tuisbly-pa en huisbestuurder,” terg Benny op ’n vraag of hy weer begin werk het

“My hande het verbeter en ek het geleer om aan te pas. Ek skryf nou en gebruik gereedskap of hulpmiddels. Ek het een wat my help om ’n vurk vas te hou, ek ry ’n outomatiese voertuig en my stuurwiel is met ’n stuurknop aangepas. Ek gebruik ’n pizzasnyer om my kos te sny, maar as dit ’n dik stuk vleis is, moet my vrou dit vir my sny, en my dogter help nog om my veters vas te maak. Ek hou van gholf speel en het selfs myself met een hand leer speel.”

En hoewel hy erken dit raak soms vervelig tuis, voel hy geseën dat hy hom nie oor sy gesin se finansiële welstand hoef te bekommer nie.

“Baie mense, veral jongmense, wil nie hierdie polisse uitneem nie, want hulle dink dis te duur, en jy dink nie daar sal slegte dinge met jou gebeur nie. Maar ek is ’n bewys. Slegte dinge gebeur en kan met enigeen gebeur. Om die regte polisse te hê, het ’n groot verskil in my geval gemaak.”

Waarom jy dekking moet kry

“Dit sal nie met my gebeur nie,” is ’n refrein wat talle mense glo, maar die waarheid is dat ons nie alle risiko’s kan beheer nie. Ons gene, die aard van ons werk en onvoorsiene gebeure speel ’n rol.

Volgens navorsing sal tot een uit vier mense tydens hul werkloopbaan ongeskik word, hetsy weens ’n besering of siekte.

Dit is hoekom ongeskiktheidsdekking noodsaaklik is. Dit verminder finansiële spanning wanneer jy nie geld kan verdien nie en raak ontslae van die stres van nie weet hoe jy jou gesin sal onderhou nie.

Old Mutual bied ’n nuwe soort ongeskiktheidsversekering aan kliënte. Hul Ongeskiktheidsinkomstedekking betaal tot 24 maandelikse bedrae indien jy as gevolg van ’n siekte of besering tydelik, gedeeltelik of permanent ongeskik is en nie kan werk nie, as jy ingekort raak of nie na jouself kan omsien nie.

En die Old Mutual Ongeskiktheidsinkomstedekking betaal as jy nie kan werk of na jouself omsien nie as gevolg van ’n siekte of besering wat jou permanent ongeskik of verswak gelaat het.

Jy kan met behulp van ’n adviseur jou dekking aanpas volgens jou behoeftes en slegs betaal vir wat jy benodig.

Jy het ’n keuse van onderskrywingsopsies – jou premiedekking kan goedkoper wees as jy vir mediese toetse gaan en gesond is. En jy word beloon deur die Old Mutual Rewards-program as jy fisiek en finansieel gesond is.

Om vandag Old Mutual Ongeskiktheidsversekering uit te neem, skakel jou finansiële adviseur, 0860 60 60 60 of besoek Old Mutual.

Hierdie getuigskrif verteenwoordig nie finansiële advies nie.

Old Mutual Life Assurance Company (SA) Limited is ’n gelisensieerde finansiëlediensteverskaffer en lewensversekeraar.