Het jy tydens die inperking in ’n tuinholler ontpop, of dalk jou buurvrou in ’n klikaktivis laat ontaard? Moes jy koes vir die grypkopers in die winkel wat die wynappels opgestapel het?

Die afgelope paar maande het ’n skatkis van kosbare Afrikaanse nuutskeppings opgelewer. Nou wil Afrikaans.com jou aanmoedig om die woorde in te span deur ’n lekker geelwortel voor jou neus te swaai.   

Jy kan op een van drie maniere wen:

1. Gebruik minstens 10 van die nuutskeppings uit die kuberwoordeboek wat jy hier kan aflaai in ’n gedig, versie, opstel, lied of moppie (spotliedjie). Die kreatiefste inskrywing, soos aangewys deur verteenwoordigers van Huisgenoot en Afrikaans.com, wen R10 000. Hoe’s daai om ’n paar gate toe te stop?

2. Die inskrywing wat die lesers se gunsteling is, wen ’n lekker R4 000. 

3. Een leser wat vir sy gunsteling gestem het (ongeag of die inskrywing gewen het of nie), wen R3 500.  

Laai jou inskrywing op die meegaande vorm op. Stuur jou moppie (spotliedjie) na hydcompetitions@media24.com

Die inskrywing moet ons voor 9 September bereik.  

Vir meer oor die veldtog, besoek Afrikaans.com