Die #Feite

Volgens die 2018 Global Asthma Report is asma die algemeenste chroniese siekte onder Suid-Afrikaanse kinders – en dit toon ’n toenemende voorkoms in stedelike en plattelandse gebiede1.

Blootstelling aan tweedehandse rook en om in baie bevolkte gebiede te woon, kan asma by jong kinders vererger2.

Daar is ook in studies bevind baie kinders met asma gebruik hul inhaleerder verkeerd3 en dat sommige kinders selfs verleë kan wees om hul inhaleerder voor hul vriende te gebruik, wat lei tot swak asmabeheer4.

Hoe om kinders te bemagtig

Daarom het ouers al die hulp nodig wat hulle kan kry, veral wat betref om hul kinders te help om hul inhaleerdertegniek te verbeter. “Kinders is veral geneig om te sukkel met die stappe om ’n inhaleerder korrek te gebruik, en voel dikwels selfbewus om dit te gebruik,” sê Paul Miller, uitvoerende hoof van Cipla Suid-Afrika.

“Dit is hoekom die BronkiBoosters-veldtog begin is: om kinders op te voed en die stigma wat verband hou met asma en die gebruik van inhaleerders te verminder.”

Die BronkiBoosters-veldtog bewapen kinders met superkragte om Skyron en sy asemdiewe te klop wat hulle wêreld kom aanval en al hul lug steel. En watter kind wil nie ’n superheld wees nie?

Iggy en Wisp, superhelde van ’n veraf planeet, help in ’n reeks video’s, strokiesboeke en ’n speletjie, jong asmalyers om die bose asemdiewe te beveg – deur vir hulle te wys hoe om hul inhaleerder korrek te gebruik en hul superkragte ten volle te benut.

“Cipla het vir 60 jaar deurgaans daarna gestreef om medisyne van wêreldklas-gehalte te bied, wat produkte en opvoeding vir respiratoriese siektes reg oor die wêreld verbeter,” sê Paul.

Met die covid-19-pandemie het respiratoriese siektes nog meer in die kollig beland, wat Cipla aangespoor het in hul missie om miljoene te help om vrylik asem te haal.


Kliek hier om meer oor BronkiBoosters uit te vind. Laat die stryd vir lug begin! 

Hierdie inligting is deur ’n derdepartykliënt verskaf.

Verwysings

  1. The Global Asthma report 2018. Management of Asthma and Capacity Building. Beskikbaar by: http://www.globalasthmareport.org/management/southafrica.php. (Toegang verkry: 26 Augustus 2020).
  2. The South African Medical Journal. The increasing burden of asthma in South African children: A call to action. Beskikbaar by: http://www.samj.org.za/index.php/samj/article/view/12337. (Toegang verkry: 26 Augustus 2020).
  3. Information paper for health professionals. Inhaler technique for people with asthma or COPD. Beskikbaar by: https://extranet.who.int/ncdccs/Data/AUS_D1_Inhaler_Technique_Infopaper-FULL-UPDATED-11-1.pdf. (Toegang verkry: 28 September 2020).
  4. De Simoni, Anna, et al. "What do adolescents with asthma really think about adherence to inhalers? Insights from a qualitative analysis of a UK online forum." BMJ open 7.6 (2017).