Yasin het in April 2020 onder covid-19 deurgeloop,
Yasin het in April 2020 onder covid-19 deurgeloop, maar danksy sy inkomstebeskermingspolis kon hy sy rekenings aanhou betaal. Foto: Verskaf.

Hierdie inhoud is geborg deur Old Mutual

Dit was terwyl hy saam met sy vrou en dogter aandete geëet het dat Yasin Khan (45) die eerste keer vermoed het hy het dalk covid-19. “My dogter, Sara, het gesê die mielies ruik lekker. Dis toe dat ek besef ek kan niks ruik nie,” vertel hy. 

Yasin het die ergste gevrees en dadelik die tafel verlaat en hom in ’n kamer afgesonder. Hy en sy gesin – sy vrou, Leila (39) en Sara (12) – is kort daarna getoets. Die uitslae het bevestig dat al drie covid-19 het en hulle het dadelik begin self-isoleer. Dit was in April verlede jaar toe die land nog onder streng inperking was.

Yasin, wat in Woodstock, Kaapstad, woon, is nie seker waar hy die virus opgedoen het nie, maar hy vermoed dit was by ’n afleweraar. 

“Toe die streng inperking afgekondig is, het ons ophou winkels toe gaan en al ons kruideniersware aanlyn gekoop. Die enigste kontak wat ek in daardie tyd gehad het, was met afleweringsmense. Dus het ek dit dalk by een van hulle gekry.” 

Die eerste vier dae ná sy diagnose het hy nie juis sleg gevoel nie. “Net my smaak en reuk was weg.”
Yasin saam met sy vrou, Leila, en sy dogter, Sara.
Yasin saam met sy vrou, Leila, en sy dogter, Sara. Foto: Verskaf.
Maar op dag vyf het dit hom met mening getref. “Ek was heeltemal bedlêend. Ek het ’n hoë koors en ernstige vertigo gehad. Gelukkig kon ek nog asemhaal en was dit nie nodig om hospitaal toe te gaan nie. Maar ek kon nie loop nie en my vrou moes my versorg en vir my kos en medisyne gee.” 

Al het Leila en Sara ook positief getoets, het hulle net ’n ligte koors ontwikkel wat ’n dag of twee geduur het. Ná twee weke het die meeste van Yasin se simptome opgeklaar, buiten die vertigo.

“Dit het gevoel of ek heeltyd seesiek was – dis die beste manier hoe ek dit kan beskryf. Ek kon nie regop sit of heeltemal plat lê nie. ’n Agteroor-posisie is die enigste posisie wat my nie laat voel het ek gaan opbring nie,” verduidelik hy. 

Sy duiseligheid het ses weke geduur.

In daardie tyd was dit vir hom onmoontlik om sy werk te doen. As ’n nywerheidsapteker werk Yasin in ’n fabriek wat medisyne vervaardig. En al mag hy ingevolge die inperkingsmaatreëls nie na die fabriek toe gegaan het nie, kon hy steeds die helfte van sy werk van die huis af doen. 
'As jy jou salaris verloor, selfs net vir ’n maand, raak jy agter met jou betalings, wat lei tot boetes en dat jy hoër rente moet betaal.'
Tot hy siek geword het. “Ek kon nie eens regop sit sonder om van vertigo siek te voel nie, wat nog te sê tik of na ’n skerm kyk. Die vertigo het my onbeheerbaar laat opbring, wat beteken ek was ook ernstig ontwater.” 

Intussen is die inperkingsmaatreëls verslap en is sy kollegas toegelaat om vir ’n beperkte aantal dae per week werk toe te gaan. Maar Yasin het steeds aan uiterste vertigo gely.

Boonop het hy eers in Februarie daardie jaar by die onderneming begin werk, slegs twee maande voor hy covid-19 gekry het. Dus het hy nie veel jaarlikse of siekverlof gehad wat hy kon gebruik om vir sy afwesigheid te vergoed nie. Dit het beteken hy sou nie sy salaris kry nie.

Gelukkig het hy ’n inkomstebeskermingspolis van Old Mutual gehad. “Die snaakse ding is ek het altyd aan inkomstebeskermingsdekking as een van daardie ‘lastige polisse’ gedink,” verduidelik hy. “Ek het dit al sedert ongeveer 2010, maar ek het dit net gekry toe ek in my aftree-annuïteit begin belê het en hulle gevra het of ek dit wou insluit. Dit was nie destyds te duur nie, toe sê ek ja.” 

Nou is Yasin baie dankbaar hy het die polis al die jare gehou, want hy het ’n inkomste ontvang vir die dae wat hy nie kon werk nie.

“Dit het net in daardie tyd ’n groot verskil gemaak,” sê Yasin. “As jy jou salaris verloor, selfs net vir ’n maand, raak jy agter met jou betalings, wat lei tot boetes en dat jy hoër rente moet betaal. 

“Dit was ’n reuse veiligheidsnet. Ek het nie nodig gehad om my te bekommer oor betalings of selfs oor hoe om die basiese goed te bekostig nie. Ek het nie nodig gehad om my lewensgehalte te verander nie. Trouens, dit het beteken alles het presies dieselfde gebly, want dit het alles gedek. Dit het daardie finansiële angs weggeneem en ek kon net op my genesing fokus.”  

Sedertdien het Yasin ten volle herstel en het geen blywende covid-19-simptome nie. “Ek het my inkomstebeskermingspolis in my vroeë 30’s gekry, en al het ek gedink dit is iets wat net bejaardes sou gebruik of by baat vind, het ek nooit sover gekom om dit te kanselleer nie. Maar nadat ek hierdie hele beproewing deurgemaak het, sou ek mense nou eerlikwaar aanraai om een te kry. Veral deesdae wanneer iets onverwags en ernstigs, soos covid, uit die niet kan toeslaan.”   

Hoekom jy dekking behoort te kry

Wanneer jy siek of beseer word, hetsy vir ’n paar dae of weke, is geld die laaste ding waaroor jy jou behoort te bekommer. Die herstelpad behoort nie gejaagd te wees nie en jy behoort te fokus op wat in hierdie tyd die meeste saakmaak – jou gesondheid.

Old Mutual se Personal Cover bied kliënte die buigsaamheid om dekking op te bou wat hul unieke behoeftes pas. As jou behoefte inkomstebeskerming is, het hul dekking wat reg is vir jou. Dit betaal ’n belastingvrye maandelikse inkomste van tot R250 000 vir tot 24 maande uit wanneer jy tydelik, gedeeltelik of permanent ongeskik of ingekort raak. Jy kan jou dekking indiwidualiseer deur verdere voordele teen ’n ekstra koste by te voeg.

Byvoorbeeld kan jy hul Sickness Income-voordeel byvoeg wat jou ’n inkomste betaal as jy siek afgeboek is. Dit is nie nodig om verlies van inkomste te bewys nie, jy moet net vir langer as jou wagtydperk afgeboek wees.

As jou behoefte egter is om jouself te beskerm teen die groot eenmalige uitgawes wat met permanente ongeskiktheid gepaard gaan, het hul ook dekking wat reg is vir jou. Dit betaal ’n belastingvrye enkelbedrag van tot R30 miljoen uit wanneer jy permanent ongeskik of ingekort raak. Jy kan jou dekking indiwidualiseer deur verdere voordele teen ’n ekstra koste by te voeg.

Met behulp van jou adviseur kan jy jou dekking saamstel om by jou behoeftes te pas en net betaal vir dit wat jy nodig het.

Afhangende van die dekkingsbedrag, mag jy ook ’n keuse van onderskrywingsopsies hê – jou premies kan goedkoper wees as jy vir mediese toeste gaan en gesond is. En jy kan deur die Old Mutual Rewards-program beloon word vir jou finansiële fiksheid.

Om vandag Ongeskiktheidsversekering wat reg is vir jou te kry, skakel jou finansiële adviseur of 0860 60 60 60 of besoek Old Mutual vir verdere inligting.

Old Mutual Life Assurance Company (SA) Beperk is ’n gelisensieerde FDV en lewensversekeraar.