Huisgennoot Blokraai regstreeks
Foto: Verskaf.

Dit is ’n heerlike uur van dink, saamspeel en lekker lag. Die volgende kuberkuier is vanaand – bespreek nou jou plek gratis!

WAT IS DIT?

Blokraai Regstreeks is ’n aanlyn speletjies-program waar jy ander blokraaigeesdriftiges ontmoet, saam-saam oor leidrade kopkrap en lekker pryse wen.

HOE WERK DIT?

Deelname is gratis, maar jy moet met ’n e-posadres registreer. Die skakel na die uitsending sal na daardie e-posadres gestuur word. Ons volgende kuier is vanaand, 5 Augustus.

Gaan na Crowdcast om jou plek te registreer. Om 19:55 vanaand klik jy op die skakel en kry jy toegang tot die uitsending.

Ons begin stiptelik om 20:00.

ONTHOU

Omdat jy leidrade in ’n blokraai moet kan raaksien, werk ’n rekenaar beter as ’n selfoon. Die aanbieder gesels ’n bietjie met die groep en daarna deel sy haar skerm sodat almal dieselfde blokraai kan sien. Die groep gee antwoorde. By sommige leidrade is pryse versteek.

Die aanbieder: Gerda Engelbrecht is een van Huisgenoot se gereelde blokraai-opstellers.

Wanneer: Ons volgende kuier is vanaand, op 5 Augustus 2021.

Tyd: 20:00


Wat kan ek wen?

In hierdie uitsending gee ons vyf geskenkpakke van Four Cousins Sparkling Blush weg. Elke geskenkpak is R500 werd.

Four Cousins verteenwoordig familie, vriendskap en wonderlike saamkuier-oomblikke.

Sparkling Blush is ’n soet vonkelrosé, vermeng van rooimuskadel, rosé en druiwesap. Dis ’n vlamkleurige wyn met ’n sagte blomgeur. Nou beskikbaar by Spar, Makro, uitgesoekte takke van Pick n Pay of aanlyn by www.vanloveren.co.za. Volg Four Cousins op Instagram of Facebook.