Die wetgewing oor persoonlike inligting, bekend as Popia, is deesdae ’n onderwerp wat oral opduik, en d6 is toegewy daaraan om enige inligting wat jy deel as jy ’n profiel skep, te beskerm en veilig te berg.

Alle inligting wat op jou kind betrekking het, word veilig gehou tot jy self instem om dit te deel met een van die ouers wat ’n saamrygeleentheid bied.

Wanneer jy d6 Connect se saamry-inisiatief gebruik, kan jy op gemoedsrus staatmaak, omdat ons skool-gegronde inisiatief beperk is tot ouers, soos jy, van jou kind se skool.

Dis ’n netwerk wat eksklusief tot jou kind se skool is en bied ’n oplossing vir elke spesifieke gemeenskap – vír ouers, déúr ouers.

Hier kan jy elkeen van jou bekommernisse afmerk:

  1. Is my kind se inligting veilig op die app? Jip! Eers nadat die ouer wat dié rywerk doen ingestem het tot die rit, word ’n foto en optel- en aflaaiadres van die kind gedeel.
  2. Sal ons weet wie die kar bestuur? Natuurlik! Daar’s altyd foto’s van al die besturende ouers by die rit se inligting op d6 Connect beskikbaar. Jy sal presies weet saam met wie jou kind die rit onderneem en jy kan die foto van die bestuurder en die kar met jou kind deel op WhatsApp.
  3. En sê nou ons gaan die rit misloop? Jy kan enige tyd kanselleer, maar onthou: Ouers maak op mekaar staat, so probeer tog vroegtydig en sinvol verskoning maak.
  4. Wat is die geheime wagwoord? Hierdie woord of frase is daar om te verseker jou kind kry ’n geleentheid by die regte ouer. Die ouer wat die kar bestuur kry eers dié wagwoord wanneer die rit bevestig word.
  5. Hoe weet ek waar my kind is? Jy kan die rit dophou soos wat dit gebeur op ’n bewegende kaart. Jy kan presies sien waar jou kind op elke tydstip is.

Vir nog inligting, besoek die d6-webtuiste.