’n Nag in ’n weelderige vyfsterhotel is nie juis iets alledaags vir ’n gesin met twee kinders nie. Maar danksy Huisgenoot kan een gelukkige gesin ’n nag in die Table Bay-hotel deurbring. Die prys is ook nie net verblyf in die spoghotel in die V&A Waterfront in Kaapstad nie; dis ’n hele ervaring. 

Geniet ontbyt by die hotel en middagete by die gewilde Col’Cacchio-pizza-restaurant (fynproewerspizzas met banting-keuses ook).

Jou gesin kry boonop gratis toegang tot die bekende The Cape Wheel in die V&A Waterfront, waar jy die uitsig op die berg, hawe, see en stad kan geniet. En om alles te kroon, kan julle dan gratis by Future Park ingaan! 

Geniet ’n twee uur lange toer deur jul eie verbeelding, waar julle visse en karre kan inkleur en dan kyk hoe hulle lewe kry danksy tegnologie van wêreldgehalte. Raak aan die simbole teen die Storie van Tyd-muur en kyk hoe dit ontvou in fantastiese diere en landskappe. 

Stap op die walvis van waterverf, bou ’n virtuele dorpie met houtblokke en speel saam met die klein mensies by Die Tafel Waar Klein Mensies Woon. Julle sal ook nie met leë hande huis toe gaan nie: Maak ’n draai by die Future Park-winkel om die geskenk te kry wat deel is van die gesinsprys. 

As jy nog wil uitvind oor Future Park en die aktiwiteite daar, klik hier.

Waarvoor wag jy? Skryf sommer nou in; watter gesin sal nou nie so uitstappie geniet nie? 

Skryf so in

Om in te skryf, beantwoord die kompetisievraag korrek en vul die vorm daaronder in. 

Kompetisievraag: Wat is die naam van die futuristiese uitstalling waar jy jou eie tekeninge kan sien lewe kry en wat op die oomblik by die V&A Waterfront te sien is? 

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie duur van 27 Oktober tot 1 Desember 2017 om middernag.

Jy mag hoogstens drie keer inskryf.

Die prys sluit nie vervoer na die V&A Waterfront of Table Bay-hotel in nie. 

Die bespreking by die Table Bay-hotel is slegs vir ’n weekdag geldig; nie ’n naweek nie.

Besprekings is onderworpe aan beskikbaarheid.

Wenners sal lukraak gekies word.

In die geval van ’n kompetisie met meer as een prys en meer as een trekking, mag ’n wenner net een keer wen.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie.

Die trekking van die wenners is finaal.

Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak.

Indien ons nie die wenner met drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborge mag nie deelneem nie.

Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.

Die borge is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir pryse wat verlore raak of nie ontvang is nie as gevolg van ’n wenner wat nie beskikbaar was vir aflewering nie en/of nie die prys gaan haal het nie.