In dié episode maak Marion Holm hart oop oor hoe sy haar leefstyl en eetgewoontes drasties moes verander nadat borskanker in 2016 by haar gediagnoseer is. Marion het onlangs haar kankerstryd oorwin.

Die aktrise Marion Holm gesels oor haar kankerstry
Die aktrise Marion Holm gesels oor haar kankerstryd. Foto: Robert Hamblin

Dié aktrise, ’n groot smulpaap, moes daarna haar dieet en leefstyl aanpas om vir organiese kos ruimte te maak.

Sy vertel vir Minki meer hieroor.

Volgende keer in Minki (13 Februarie om 20:00): Berene Sauls is met passie en deursettingsvermoë 'n bekroonde wynmaker. Ons kuier en proe haar ikoniese pinot noir saam met die vrou wat haar die meeste geïnspireer het, haar ma, Ree.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word deur Incanda-meubels en Bacher & Co. geborg.