In die laastepisode van VIA (DStv-kanaal 147) se geldsakeprogram, Geldhelde, gesels die aanbieder Lucky du Plessis weer met Jeanette Marais van Momentum. Hy vind by haar uit hoe presies jy finansieel vir jou aftrede moet beplan.

 

Begin so vroeg moontlik spaar

Volgens Jeanette moet jy ’n gedeelte van jou eerste salaristjek onmiddellik belê in jou maatskappy se pensioenfonds. En as hulle nie een het nie, onmiddellik met jou eie een begin.

Spaar soveel as moontlik

Dit is belangrik om soveel as moontlik te spaar om sodoende genoeg geld oor te hê vir die volle periode van jou aftrede.

“Die somme wys dat selfs al spaar jy soveel as 7,5% vir 40 jaar, dit nie genoeg gaan wees om na aftrede ’n 100% van jou laaste salaris te kan vervang vir nog 35 tot 40 jaar nie,” waarsku Jeanette. 

Moet nooit geld uit jou pensioenfonds onttrek nie

Jeanette meen om geld vroegtydig uit jou pensioenfonds te onttrek, een van die grootste foute is wat baie mense maak.

“Jy verloor jou saamgestelde rente en al die jare wat jy aan jou kant gehad het, na jy vroeg begin spaar het,” sê sy.

Hoe om te verseker jy is op die regte pad

Jeanette gee twee wenke vir wanneer jy nagte wakker lê en stres of jy genoeg geld vir jou aftrede sal hê:

  • Besoek ’n finansiële adviseur – baie keer het jy raad van iemand anders af nodig. Dalk kan jy afskaal of verander aan jou huidige leefstyl om te verseker jy kan meer tot jou pensioenfonds bydra.
  • Werk vir so lank as moontlik voordat jy aftree – dit maak amper ’n 20 jaar verskil aan jou aftrede, want as jyvyf jaar langer werk, verdien jy vyf jaar langer 'n inkomste, en maak jy vyf jaar langer’n bydraeaan jou pensioenfonds; jy verdien vyf jaar langersaamgestelde rente kan verdien, en moet vyf jaar korter van die inkomste wat deur jou kapitaal verskaf moet word leef.

Om te begin spaar vir jou aftrede is soos om ’n boom te plant. Die beste tyd was 20 jaar gelede, die tweede beste tyd is nou. So, as jy dit nog nie begin doen het nie, doen dit nou!