Foto: Pexels.com

Hier is ’n paar huwelikswyshede waarvolgens julle kan leef:

  • Sê elke dag vir jou geliefde jy het hom/haar lief. 
  • Eet aandete of middagete saam.
  • Bring soveel tyd moontlik met mekaar deur, maar moet ook nie bang wees om jul eie ruimte te hê nie.
  • Stel voor om al die “slegte” of minder lekker takies in en om die huis te doen.
  • Koop impulsief klein geskenkies om mekaar spesiaal te laat voel.
  • Intimiteit is belangrik en moenie dit afskeep nie – raak aan mekaar, want dit versterk jul verhouding.
  • Leer hoe om te argumenteer sonder om mekaar se gevoelens seer te maak.
  • Sê dankie. Dis ’n klein woordjie, maar as jy jare getroud is, beteken dit baie. 
  • Weet wanneer dit beter is om eerder stil te bly in ’n argument, en vergeet van jou ego. 
  • Aanvaar mekaar 100%, want die dag toe julle getrou het, het julle mekaar aanvaar nes julle is. 
  • Gaan gereeld op romantiese uitstappies, en los jou selfoon by die huis (of skakel dit af).
  • Hulle sê altyd julle moenie kwaad gaan slaap nie, maar soms is dit beter om eerder te gaan slaap en nie te argumenteer nadat jy ’n moeilike dag gehad het nie. 
  • Wees sommer net simpel en laf saam. 
  • Hê respek vir mekaar. 
  • Beplan jul toekoms saam.