Die eerste ding waaraan jy dink wanneer jy ’n rampartytjie vir die manne reël, is om ’n ontkleedanseres te reël of ’n ontkleeklub te besoek. In Suid-Afrika is dit dalk ’n tradisie onder die manne, maar vra eers die bruid en bruidegom se toestemming. Die bruidspaartjie is dalk ongemaklik met so iets.  

Hier is idees as ’n ontkleeklub nie byval vind nie: 

1. Go-carting
2. Paint ball 
3. Kampeernaweek weg saam met die manne 
4. Vierwielresies 

Foto: Getty/Gallo Images

Maak ’n bespotting van die bruidegom

Dis die enigste tyd dat julle vriendegroep die gek kan skeer met die bruidegom. Trek hom aan in vroueklere met hoëhakskoene en neem hom na jul gunstelingkroeg vir ’n drankie. 
Terwyl julle in die publiek is, laat hom sy hart uitsing vir ’n ander vrou en neem ’n video. 
Vra die bruid vir ’n paar vrae wat julle vir die bruidegom kan vra en kyk of julle hom kan uitvang. As hy verkeerd is, moet hy iets uitdagend doen, soos ’n Shakespeare-gedig hardop opsê in die openbaar, veral in die middel van ’n besige winkelsentrum.
Ons weet julle manne gaan kuier met ’n paar drankies; so speel ’n drankspeletjie, maar wees verantwoordelik en sorg dat julle veilig by die huis kom. 

Dink aan die volgende voor julle die rampartytjie reël 

  • Neem almal wat deel is van die rampartytjie, se begroting in ag, want as dit ’n paar rand gaan kos, moet jy seker maak almal kan dit bekostig en bywoon. 
  • As julle drankies gaan drink, maak seker julle reël vooraf vervoer waar die partytjie ook al gehou word. 
  • Onthou om die familie te betrek, al is dit net vir die helfte van die dag. 
  • Moet dit nie oordoen nie, laat die bruidegom pret hê en moet hom nie in enige gevaar stel nie. 
  • Ouens, ons weet dis een van die hoogtepunte waarna julle uitsien om vir oulaas saam te kuier voor julle vriend ’n strop om sy nek kry. Maak dit onvergeetlik sonder om op tone te trap. Deesdae se neiging is om die henne- en rampartytjie op dieselfde dag te hou. Deur die loop van die aand kom die twee groepe dan bymekaar uit. Die bruid en bruidegom geniet dan ook hul laaste aandjie as ’n ongetroude paartjie.

Van rampartytjies en trourokke tot volgende week!