Jeanine en haar gaste op My Droom-trourok het danksy Diaan Daniels se trourokreeks haar perfekte trourok gevind.
  •  Doen navorsing oor waarvan jy hou sodat dit vir die ontwerper of bruidshuis maklik is om jou styl rok raak te vat.

  • Ek dit al voorheen gesê, maar gaan jou aanhou herinner: Begin jou trourok vroeg soek, want dit neem minstens vier tot ses maande, of selfs langer.

  •  Jou begroting is belangrik. Wees realisties oor wat jy kan bekostig en pas net rokke aan wat binne jou begroting is sodat jy nie die ontwerper of bruidskonsultant se tyd mors nie.

  •  Maak in jou begroting voorsiening vir ekstras soos skoene, juwele en verstellings aan jou rok (as jy een van die rak af koop).

  • ’n Goeie wenk is om in die middel van die week ’n afspraak by ’n ontwerper of bruidshuis te maak. So het jy meer tyd om jou ideale rok te vind; oor naweke is hulle gewoonlik vol bespreek.

  • Neem hoëhakskoene saam wanneer jy trourokke aanpas. Dit verander jou postuur, help om te sien hoe jy op die dag gaan lyk en laat die rok mooier vertoon.

  • Wys vir jou ontwerper of bruidskonsultant prentjies van jou troulokaal en die dekor wat jy wil gebruik. Dalk stel die ontwerper iets voor wat by jou troue gaan pas waaraan jy nie gedink het nie.

  • Glo die ontwerper of bruidskonsultant dat ’n rok beter aan jou lyf lyk as op ’n hanger. Wees bereid om verskillende style aan te pas; daardie rok wat nie op ’n hanger so goed lyk nie, kan jou droomrok wees.

  • As jy nie baie geld op jou trourok wil uitgee nie, kan jy die sosiale media dophou vir wanneer trourokwinkels uitverkopings het. Op dié manier kan jy ’n paar rand spaar.

  • As jy ’n voller figuur het, kan jy die bruidshuis vooraf bel om te hoor of hulle jou grootte in voorraad het sodat jy nie teleurgesteld is as jy tydens jou konsultasie niks kan aanpas nie.

Hierdie wenke behoort jou goed te pas te kom.

Toekomstige bruide van oor Suid-Afrika heen kan nou inskryf om op seisoen 7 en 8 van My Droom-trourok te verskyn. As jy nog nie jou droomrok opgespoor het nie, is dit nou jou kans om in ’n asemrowende skepping van een van ons land se topontwerpers te trou.

Skryf so in:

  • Jy moet verloof wees en binne die volgende 12 maande trou.

  • Besoek Diaan Daniels se webtuiste by diaan.co.za en laai die inskryfvorm onder die My Droom-trourok-afdeling af.

  • Vul die vorm volledig in en maak seker jy e-pos dit na die e-posadres wat op die webtuiste beskikbaar is.

  • Jy moet ’n video van 30 sekondes tot 1 minuut saam met jou inskryfvorm e-pos. Vertel ons kortliks hoekom jy verdien om op My Droom-trourok te verskyn. Sluit jou mates in, bv. ’n grootte 8 of 12, asook jou troudatum, ouderdom en die stad waarin jy woon.

  • Jy moet van 27 Augustus tot 8 September 2017 beskikbaar wees vir opnames.

  • VIA dek geen reiskoste nie.

  • Jy kan twee gaste saambring om die dag saam met jou op die stel te geniet en boonop soek julle jou droomrok. Bring vriende en familie saam wat nie kamerasku is nie en wat hul mening sal lug sodat jy jou volmaakte trourok kan opspoor. 

So kan ontwerpers inskryf

  • Ontwerpers kan die skakel na hul webtuiste, Facebook- of Instagram-blad na info@diaan.co.za stuur.

  • Jy moet tussen 27 Augustus tot en met 8 September 2017 vir een dag beskikbaar wees en ’n verskeidenheid van minstens 10 bruidsrokke beskikbaar hê waaruit ons bruid kan kies.

  • Ontwerpers, dis jou ideale geleentheid dié om ’n bruid se drome waar te maak en terselfdertyd jou werk vir die hele land te wys.

  • Jy is verantwoordelik vir jou eie reis- en verblyfkoste.

Ek en die span by My Droom-trourok sien uit daarna om jou as bruid en ontwerper dalk op ons program te verwelkom en so jou droom te bewaarheid. Inskrywings sluit op Dinsdag 22 Augustus.

Van asemrowende troueskoene tot volgende week!