Hier is agt oudisies vir Die Kontrak wat jou asem sal wegslaan.

Hendrikus Odendaal sing Leave a light on van Tom Walker

Corné Keet sing The Story van Brandi Carlile


Liné Koen sing haar eie toonsetting van Ingrid Jonker se gedig Ek het Gedink

PJ Pretorius sing Naked van James Arthur

Still stays one of my favourite songs. #diekontrak @elvisbluemusic

A post shared by Pj_PretoriusSA (@pjpretoriussa) on

RW Goosen sing Wicked Game van Chris Isaak

Megan Myburg sing Brave Heart van Johnny Clegg

Elandri Venter sing The Prayer van Celine Dion en Andrea Bocelli

Wikus Botma sing Ek Skyn (heilig) van Fokofpolisiekar

Het jy die sangtalent om dié oudisies te onttroon. Skryf dan nou in. Dis maklik. Kyk bloot die video hieronder of volg die geskrewe stappe.

Op die NetNuus-app
  • Neem ’n video waar jy jou gunstelingliedjie sing
  • Laai die NetNuus-app op jou slimfoon af. Die NetNuus-app is in die Apple- en Android-app-winkels beskikbaar.
  • Maak die NetNuus-app oop deur daarop te klik.
  • Klik op die video-ikoon onderaan die app. Dit maak die NetNuus-app se NetVideo-afdeling oop.
  • Om jou video op te laai, klik op die plus-teken in die regterkantste hoek.
  • Klik dan op die video’s op jou toestelknoppie. Kies die video wat jy wil oplaai.
  • Gee jou video ’n titel en beskrywing in die nodige velde. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te gebruik en om aan te dui wie jy as ’n mentor wil hê.
  • Tik ook jou naam en kontakbesonderhede in die nodige velde sodat die mentors jou kan kontak as hulle wil.
  • Aanvaar die NetNuus-app se voorwaardes en instemming deur op die knoppies langs die teks te klik. Die knoppies sal geel word sodra jy dit aanvaar.
  • Klik op die Dien In-knoppie.
  • Jou video sal nou opgelaai word en sal in die NetVideo-stroom verskyn sodra die NetNuus-span dit goedgekeur het.
Op Facebook
  • Neem ’n video waar jy jou gunstelingliedjie sing.
  • Meld aan op jou Facebook-rekening op jou slimfoon of rekenaar.
  • Klik op die Photo/Video-ikoon by die boksie waar jy gewoonlik jou status updates maak.
  • Kies die video wat jy wil op laai en klik op Upload.
  • Terwyl jou video laai, gee dit ’n naam en beskrywing. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te gebruik en om aan te dui wie jy as ’n mentor wil hê. Jy kan jou mentor tag deur die @-knoppie te klik en dan jou mentor se naam in te tik. Sodra Facebook die profiel van jou gekose mentor opspoor, klik daarop.
  • Sodra dit 100% gelaai is, klik op die Publish-knoppie.
  • Jou video sal nou op jou Facebook-profiel wees.
Op Instagram
  • Neem ’n video waar jy jou gunstelingliedjie sing.
  • Meld aan in jou Instagram-rekening op jou slimfoon.
  • Druk op die plus-teken onderaan die app.
  • Kies die video wat jy wil oplaai en druk op Next.
  • Jy kan nou die video se grootte en kleur verander indien jy sou wou.
  • Gee 'n naam en beskrywing. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te gebruik en om aan te dui wie jy as ’n mentor wil hê. Jy kan jou mentor tag deur die @-knoppie te druk en dan jou mentor se naam in te tik. Sodra Facebook die profiel van jou gekose mentor opspoor, klik daarop.
  • Druk die Share-knoppie in die regterkantste hoek.
  • Die video sal dan op jou Instagram-rekening wees.

Vir meer inligting oor Die Kontrak lees hier.