Die oulike Kimbey geniet al byna 15 jaar die glanslewe as die Mooimaak-aanbieder Clare Wiese-Wentzel se beste dierevriend. Maar wat dink Kimbey van haar eienaar?

In dié episode verras Minki vir Clare deur die gerekende dierefluisteraar Antjie Canning-Rodgers te vra om uit te vind presies wat Kimbey van Clare dink. Geniet Kimbey dit werklik om die Insta-kollig met Clare te deel?

Kyk hier om uit te vind.

Volgende keer op Minki (30 Januarie om 20:00): Minki gesels met Chris Koch, wie se kreatiwiteit geen perke het nie, en die veelsydige aktrise Marion Holm het ook 'n draai kom maak vir Chris se unieke whiskey-sprokies.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.