Op episode drie kom kuier Karin Kortje by Pedro in die ateljee en hy neem ons saam met haar op ’n emosionele reis met Karin.  Hulle gesels oor Karin se kinderjare, die skielike roem toe die vrugtepakker van Grabouw SA se derde Idolswenner word. Dan loop die lewe aaklige draaie met Karin.

Hier, in ’n eksklusiewe videogreep wat nie in die episode uitgesaai gaan word nie, maak Karin hart oor haar mishandeling aan die hande van ’n man wat sy lief gehad het.

Ons het met Karin Kortje gesels oor sy ervaring op Klavierkuiers met Pedro.

Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro?

Sy vriendelike gasvryheid. Hy laat jou op jou gemak voel.

Wat maak Pedro volgens jou uniek?

Hy stel belang in die mens. Nie so seer die storie nie, maar die lesse en die verskil wat dit kan maak. Hy’t ’n hart van goud.

Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand?

Ek spandeer tyd met my seuns as ek nie moet werk nie.

Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies.

  • Sweef soos ’n arend
  • The greatest love of all
  • I’m so ready

Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê?

My vriendelikheid, behulpsaam en dat ek ’n goeie ma vir my kinders was.

  • Word jy mishandel?

Daar is hoop en hulp. Maak vandag me POWA kontak om die kringloop van geweld in jou lewe stop te sit.

  • Nuwe episodes van Klavierkuiers met Pedro word elke Saterdagaand om 19:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Dinsdae om 21:00.