RIAAN EN BIANCA

Riaan en Bianca
Riaan en Bianca Foto: Verskaf

T-BEEN-STEAKS

Bestanddele

T-been-steaksbierolyfoliebraaispeserye van jou keusebotter

Metode

Marineer die steaks ’n paar uur in die bier, olie en braaispeserye.

Dreineer en braai oor warm kole tot gaar na jou smaak.

Verf deurentyd met die botter.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

PAPBEKER

Bestanddele

sampioene

soetrissies

room

mieliemeel

kondensmelk

soetmielies

gaar spekstukkies

gerasperde kaas

Metode

Braai die sampioene en rissies tot mooi bruin.

Giet die room oor en laat prut tot effens verdik.

Maak pap van die meel en meng die kondensmelk en soetmielies deur.

Pak ’n blikbeker vir elke gas: Eers ’n lagie pap, dan spek, dan die sampioensous en eindig met ’n lagie kaas.

Plaas op die rooster tot die kaas gesmelt het.

IETSIE SOETS

Bestanddele

suikerbakkies

sjokolade

malvalekkers

grondboontjieroomys

piesangskyfies

Metode

Plaas die suikerbakkies met die sjokolade en malvalekkers binne-in op die rooster.

Haal af wanneer alles gesmelt is.

Skep die roomys en piesang bo-op en sit dadelik voor. 

CHARLENE EN PIETER

Charlene en Pieter
Charlene en Pieter Foto: Verskaf

LAMWIELE

Metode

Sny ontbeende lamsrib in 2 cm-repies en ryg aan sosatiestokkies.

Marineer ’n paar uur in olyfolie en braaispeserye.

Dreineer en braai tot gaar na smaak.

AARTAPPELVERASSING

Bestanddele

8 groot aartappels

2 groot uie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngemaak

400 g botter

1½ pakkie bruinuiesop

800 ml watergerasperde kaas

Metode

Kook die aartappels halfpad gaar op die stoof en sny in skywe of blokkies.

Braai die uie en knoffel in die botter tot dit lekker sag is.

Meng die uiesoppoeier met die water en giet oor die uiemengsel.

Laat 10 min. stadig prut.

Giet oor die aartappels in ’n oondvaste bak, rasper die kaas oor en bak ongeveer 20 min. by 180 °C.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

BROCCOLISLAAI

Metode

Stoom ’n hele kop broccoli sowat 2 min. in soutwater.

Dit moet nog bros wees.

Braai ’n pakkie spek tot gaar.

Breek die afgekoelde broccoli in boompies en voeg die spek by.

Meng 250 ml mayonnaise met 100 ml kondensmelk en giet oor die slaai.

PERSKENOEDELSLAAI

Bestanddele

1 pak skroefnoedels1

groen soetrissie, fyngekap

1 blikkie perskeskywe, in blokkies gesny

½ ui, baie fyngekap

SOUS

perskesous wat in die blikkie oorgebly het

350 ml mayonnaise

100 ml blatjang

1 5ml sterk kerriepoeier

10 ml borrie

’n knippie origanum

Metode

Maak die noedels gaar. Voeg die soetrissie, perskeskywe en ui by.

Meng die sousbestanddele en giet oor die noedels.

Laat ’n paar uur in die yskas verkoel en sit voor.

ADRIAAN EN CANDICE

Adriaan en Candice
Adriaan en Candice Foto: Verskaf

ROOMBROOD

Bestanddele

strepiespek

1 groot ui

1 pakkie gekapte sampioene

1 blikkie tamatie-en-uiemengsel

gekoopte brooddeeg

Italiaanse gemengde kruie

1 blok kaas, gerasper 

500 ml room1 pakkie knoffelwitsous

Metode

Braai die spek tot bros.

Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui en sampioene saam tot sag.

Giet die tamatiemengsel by en laat prut tot die vloeistof verdamp het.

Rol die deeg in ’n vierkant.

Smeer die sampioenmengsel oor die deeg.

Pak die spek in rye bo-op en sprinkel die kruie en kaas oor.

Rol die deeg op en sny in skywe.

Pak in ’n bak en giet die room en witsous oor.

4 Bak 30 min. op die vuur.

FILETSTEAK MET BEENMURGBOTTER

Bestanddele

250 g beenmurg

’n groot hand vol grasuie

200 g goeie botter

filetsteaks

olyfolie

sout en vars gemaalde pepervleisspeserye

Metode

Stel die oond op 120 °C en smelt die beenmurg in ’n oondbak.

Kap die grasuie fyn.

Plaas die botter en grasuie in ’n bak en voeg die gesmelte beenmurg by.

Meng goed en hou eenkant tot dit set.4 Plaas die mengsel op kleefplastiek en vorm dit in ’n worsie.

Plaas in die yskas.

Smeer die vleis met die olyfolie en geur met die sout, peper en speserye.

Braai tot gaar na smaak.

Sit voor saam met skyfies beenmurgbotter.

LIPLEKLEKKER SAMPIOENE

Bestanddele

4 t bottersampioene

2 t droë witwyn

1 t olyfolie

½ ui, gekap

1 t vars tiemie

2 t vars pietersielie

4 knoffelhuisiessout en peper na smaak

Metode

Smelt die botter en braai 3 min.

Voeg die sampioene by en braai 4-5 min.

Voeg die wyn by en kook 2 min.

Voeg die res van die bestanddele by en laat prut nog 1 min.

Sit voor saam met die vleis.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

WIELETJIES MET SJOKOLADESOUS EN ROOMYS

Bestanddele

4 eiers, geskei

180 ml strooisuiker

5 ml vanieljegeursel

180 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

2½ ml soutstrooisuiker

karamelkondensmelk

Metode

Bespuit ’n foeliebak met kossproei.

Klits die eiergeel en strooisuiker tot die mengsel verdik en voeg die vanieljegeursel by.

Klits die eierwitte in ’n ander bak tot styf.

Sif die meel, bakpoeier en sout oor die eiergeelmengsel en vou versigtig in.

Vou die eierwitte stadig in.

Giet die mengsel in die foeliebak, bedek met foelie en bak 10 tot 15 min.

Plaas ’n skoon teedoek op ’n werkoppervlak en sprinkel die strooisuiker oor.

Wanneer die koek klaar gebak het, plaas dit op die teedoek en rol dadelik op.

Wag tot die koek afgekoel het, smeer die kondensmelk oor en sif die strooisuiker oor. Sit voor saam met sjokoladesous en roomys.

SJOKOLADESOUS

Bestanddele

2¼ k growwe suiker

¾ k kakaopoeier

1½ t meel

¼ t sout

1½ k melk

1 t vanieljegeursel

Metode

Plaas die suiker, kakaopoeier, meel en sout in ’n kastrol saam met 1 k melk.

Klits tot die mengsel verdik.

Voeg die res van die melk by en laat 10 min. prut.

Klits gereeld.

Voeg die vanieljegeursel by en verwyder van die hitte. 

ROOMYS

Bestanddele

1 blik ingedampte melk

1 blik kondensmelk

1 blik room

2 ml vanieljegeursel

Metode

Klop al die bestanddele goed saam.

Plaas in die vrieskas tot die roomys begin yskristalle vorm.

Verwyder uit die vrieskas en klop tot romerig.

Vries weer.