MOENIER EN SHAAMIEL

Moenier en Shaamiel
Moenier en Shaamiel Foto: Verskaf

Speserye vir taai hoendervlerkies

1-2 t hoender-braaispeserye

1-2 t hoender-tikkaspeserye

1-2 t tandoori-speserye

1-2 t drie-in-een-masala

1-2 t garam masala

1-2 t methi-masala

1-2 t paprika

1-2 t brandrissievlokkies

Metode

Voeg al die bestanddele saam in ’n mengbak.

Jy kan die afmetings aanpas soos verlang.

Geur die hoender goed met die speserye en laat dit oornag of vir ten minste 45 minste in die yskas staan.

Braai tot gaar oor matige kole.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

Sous vir taai hoenderspeserye

Bestanddele

½ k tamatiesous

½ k blatjang

½ k brandrissiesous

½ k Peri-naise

½ k peri-peri-sous

½ k dhanjasous

suurlemoensap, na smaak

heuning, na smaak

Coca Cola, opsioneel

Metode

Meng al die souse saam in ’n mengbak.

Voeg die suurlemoensap en heuning by en meng goed deur.

Om die sous te Verdun, voeg so bietjie Coca Cola by.

Laat die sous vir 20 minute staan voor jy dit gebruik.

Jy kan die sous gebruik om die hoender te mariner voor jy braai, te verf terwyl jy braai of om saam met die gebraaide hoender te bedien.

MYMOENA EN SURUR

Mymoena en Surur
Mymoena en Surur Foto: Verskaf

GEVULDE SAMPIOENE

Bestanddele

Portobello-sampioene

Dik roomkaas met grasuie

Fetakaas

Cheddarkaas 

Vars basielieblare

Mikro-kruie

Varsgekraakte swartpeper

Metode

Vee die sampioene skoon en verwyder die stingels.

Skep ’n eetlepel roomkaas op elke sampioene.

Plaas die basielieblare en fetakaas op die roomkaas.

Besprinkel met swartpeper en mikro-kruie.

Plaas gerasperde cheddarkaas bo-op en besprinkle met ’n laaste bietjie mikro-kruie.Draai die sampioene toe in foelie, maar hou die bokant oop.

Plaas op die kole vir 15 tot 20 minute of tot die kaas gesmelt is.

GEBRAAIDE ENGELVIS

Bestanddele

Engelvis, gevlek en skoongemaak

Melissa’s visspeserye

Melissa’s brandrissie-knoffel-en seesout-speserye

Vars koljander

Vars grasuie

Knoffel

Suurlemone

Botter

Olyfolie

Metode

Vryf die speserye mildelik in aan die binnekant van die vis.

Sny ’n hand vol koljander en grasuie op en stop die binnekant van die vis vol opgekate kruie.

Bedek die buitekant van die vis met olyfolie en plaas op die braairooster oor matige kole.

Smelt die botter in ’n pan en voeg die knoffel by.

Voeg dan so bietjie vars suurlemoensap by en braai tot die knoffel net-net goudgeel word.

Verf die knoffel-en-suurlemoenbotter elke nou end an aan die vis terwyl dit braai.

Braai die vis tot die vel bros is.Bedien met knoffel-en-suurlemoenbotter, gebraaide suurlemoenskywe en gebraaide tamaties.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

GEBRAAIDE HOENDERSOSATIES

Bestanddele

Hoenderborsies

Rooi soetrissie

Groen soetrissie

Geel soetrissie

Braaispeserye

Hoenderbraaispeserye

Tandoori-speserye

Bamboes-sosatiestokkies

Olyfolie

Metode

Week die sosatiestokkies in kookwater.

Sny die hoenderborsies in blokkies.

Sny al die soetrissies in groot stukke.

Vryf die speserye oor die hoender.

Ryg die hoender en pepers op die sosatie-stokkies.Verf elke sosatiestokkie met olyfolie en braai vir 10 minute oor warm kole tot gaar.

LEMOEN-SJOKOLADEKOEK

Bestanddele

6 lemoene

Raeesa’s Treats-sjokolademengsel

Framboos

Roomys

Lindt 70% kakao-sjokolade

Ingedamte room

Metode

Sny die bokant van die lemoene a fen skep die binnekant van die lemoene uit en los so bietjie lemoenskil oor.

Maak die skjokolademengsel aan volgens die aanwysings op die verpakking.

Maak elke lemoen halfpad vol van die koekbeslag.

Plaas elke lemoen op foelie oor warm kole vir 15 tot 20 minute.

Om die ganache te maak, smelt die Lindt-sjokolade en roer die ingedamte melk by tot goed deurgemeng.

Bedien die lemoen-sjokoladekoeke met ganache, framboos en roomys.

IRAFAAN EN ABIDAH

Irafaan en Abidah
Irafaan en Abidah Foto: Verskaf

BOSBESSIE-EN-KRUISEMENT-PONS

Bestanddele

3 liters bosbessiesap

2 liters limonade

2 Granny Smith-appels, gerasper

1 klein pynappel, geskil en gerasper

12 kruisementblare

Metode

Voeg al die bogenoemde bestanddele behalwe die limonade saam in ’n groot ponsbak.

Bedek die bak met kleefplastiek en laat die koel word in die yskas.

Hou die limonade ook in die yskas tot jy gereed is om die pons te bedien.

Skink die lemonade in die posnbak net voor jy dit wil bedien.

GEVLEGDE UI-EN-KRUIE-BROOD

Bestanddele

500 g koekmeel

350 g bruinbroodmeel

2 pakkies kitsgis

30 ml olyfolie

3 t gemengde kruie

1 t sout

2 t strooisuiker

1 groot ui, grofgekap

Louwarm water

Metode

Voeg al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak en meng goed deur.

Voeg dan die gekapte uie, kruie en olyfolie by en meng weer.

Giet nou die louwarm water by en knie tot ’n deeg gevorm het.

Bedek die mengbak en laat dit rys.Sodra die deeg gerys het, haal die deeg uit en knie dit weer af, rol dit uit soos ’n lang wurm en sny in ses ewe groot stukke.

Neem drie stukke en vleg oor mekaar. Hierdie mengsel maak twee brode. Laat dit weer rys.

Sodra dit gerys het, verf dit met ’n mengsel van geklitsde eier en melk. Besprinkel met sesam- of pampoensade. Bak teen 200 grade Celsius vir 25 minute.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

PIESANG-EN-SJOKOLADE-SAMOESA

Bestanddele

Samoesablare

1 groot, sagte piesang

1 blok gerasperde melksjokolade

Vir die “gom”:

2 e meel

Water

Meng goed saam om die “gom” te maak.

Metode

Vou die samoesablare soos jy ’n gewone samoesa sou en vul met piesang en sjokolade.

Gebruik die “gom” om die punte toe te maak.

As dit vir jou makliker is, kan jy di took soos ’n Chinese rolletjie oprol.

Plaas in die yskas vir 30 minute. Diepbraai die samoesas in medium tot warm olie tot goudbruin.

Haal die samoesas uit die olie en plaas op papierhanddoek.

Bedien met roomys en sjokolade. Garneer met aarbeie indien jy sou wou.

PLAAS-STYL AARTAPPELSLAAI

5 aartappels

1 k mayonnaise

’n handvol pietersielie

rysspeserye, na smaak

sout, na smaak

1 t fyn swartpeper

vars kruie van jou keuse

Metode

Draai die aartappels toe in foelie en plaas direk op die kole.

Draai die aartappels gereeld om sodat dit eweredig kook.

Ná 20 minute, haal die aartappels van die kole af.

Sodra die aartappels gekook is, plaas dit op ’n houtplank en, haal die foelie af en sny die aartapples in blokkies.

Plaas die aartappel in ’n slaaibak en voeg mayonnaise, rysspeserye, sout, peper en kruie by.

Meng goed deur en bedien warm.