CHERYLDENE EN CHANEL 

via,kom ons braai,braai
Cheryldene en Chane. Foto: Verskaf

HOENDER-BRAAIPAAI

VULSEL

Gevlokte hoender

Gekapte sampioene

Gekapte knoffelhuisies

Gekapte knoffel

Room

Sout en peper

PASTEI

2 rolle skilferkorsdeeg

1 eier, geklits

Metode

Meng die vulselbestanddele en pak op die een vel deeg wat eers liggies uitgerol is.

Plaas die tweede vel deeg bo-op en druk die twee velle opmekaar.

Verseël met die geklitste eier. Braai op ’n toeklaprooster tot gaar en bruin.

kom ons braai,braai,via
Foto: Verskaf

SOETRISSIE GEVUL MET MAALVLEIS

Bestanddele

Gekapte ui

Gekapte groen soetrissie

Maalvleis

Pakkie bobotiemengsel

Rooi soetrissies, gehalveer en pitte uitgeskep

Gaar rys

Sout en peper

Koljanderblare

Mozzarella-kaas

Metode

Soteer die ui en groen soetrissie. Voeg die maalvleis by en verbruin. Voeg die bobotiepoeier en ’n bietjie water by.

Laat prut tot gaar.Smeer die rooi soetrissies buite-om met olie en rooster in die oond tot dit effens kleur kry.

Laat afkoel en sit in foeliekoppies. Meng die rys deur die vleismengsel en geur na smaak.

Skep in die soetrissies en rond af met kaas. Plaas onder die roosterelement vir 5-10 minute of tot die kaas gesmelt het.

RYK-EN-LEKKER POEDINGKOEK

Bestanddele

Peppermint Crisp Blok gewone sjokolade

Room1 blikkie karamelkondensmelk

Botter

Suiker

3 sponskoeke

Blikkie spuitroom

Vars vrugte soos bessies

Metode

Rasper die sjokolade en klits die room styf. Voeg die karamel by die room en van die gerasperde sjokolade.

Smelt die botter en voeg suiker by. Roer ’n bietjie room deur. Smeer die rooster met botter.

Smeer karamelmengsel oor die koeke en rooster tot bros.Laat afkoel.

Pak nou die koeke in lae deur van die bestanddele op elk te pak en dan bo-op mekaar te sit. Garneer met vrugte.

JEANDRÉ EN PACHÉ

Pache en Jeandre
Pache en Jeandre. Foto: Verskaf

DRIEBONESLAAI

Bestanddele

1 blik elk groenbone, botterbone in tamatiesous, gebakte bone

Halwe rooi soetrissie, gekap

2 rissies, gekap

Halwe ui, gekap

SOUS

3 e blatjang

3 e worcestersous

1 knoffelhuisie, gekap

Sap van 1 suurlemoen

Metode

Meng die slaaibestanddele. Laat prut die sousbestanddele vir 5 minute op ’n stoofplaat.

Giet oor die slaai en laat staan 1 uur sodat die geure kan ontwikkel.

kom ons braai,via,tv
Foto's: Verskaf

WORTELSLAAI

Rasper ses wortels. Sny ’n klein pynappel in blokkies. Rasper ’n pinkie vars gemmer. Meng alles in ’n bak en druk 1 lemoen se sap bo-oor uit.

GEBRAAIDE PERSKES

Sny ferm perskes in die helfte. Braai dit met die oop kant na onder op die rooster.

Haal af en verf die geskroeide dele met heuning. Rond af met mentblaartjies en bessies en sit voor met roomys of jogurt.

Judy en Claudia het geen resepte ingedien nie.