Die span by VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram Noodlig, deel wenke wat jou lewe binne ‘n noodsituasie kan red.

Chantell Botes (ALS-paramedikus) vertel vir ons oor hoe gemaak indien iemand ‘n ledemaat verloor?

In die geval waar die persoon ‘n vinger verloor:

  • Plaas druk op die wond en probeer om die bloeding te stop. 
  • Hou jou arm omhoog sodat die bloedvloei na die vinger vertraag word.
  • Bedek die wond met ‘n ys gevulde handdoek.  Maak seker dat die handdoek klam is sodat die materiaal nie die wond hinder nie. 
  • Plaas die ledemaat in ‘n sakkie en maak seker dat dit so droog as moontlik bly. Hou die ledemaat koud deur om die sakkie op ys te plaas.
  • Maak seker dat jou hand so stil as moontlik gehou word sodat beskadigde spiere nie verder beskadig word nie. 
  • Besorg die ledemaat saam met die pasiënt so spoedig as moontlik na die naaste hospitaal.

Hierdie artikel verskaf slegs algemene mediese kennis. 

Indien jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland kan die gegewe as wenke gebruik word. Dit is egter noodsaaklik dat jy wel in so ‘n noodsituasie dadelik ‘n mediese dokter raadpleeg of ‘n ambulans bel.

  • Nuwe episodes van Noodlig wys elke Woensdag om 21:00 met heruitsendings op Sondae om 22:00.