Die span van VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, deel wenke wat jou lewe binne ’n noodsituasie kan red.

Ons gesels met Lesley Botha (BLS-paramedikus) oor hoe gemaak wanneer iemand hul enkel tydens ’n bergklimsessie swik.

  • In hierdie situasie word die RICE-beginsel (die Engels vir Rus, Ys, Onderdruk en Verhef) toegepas.
  • Verlig die beseerde deel van enige onnodige druk.
  • Ys is ’n luukse wat ’n mens nie as ’n reël op uitstappies saamdra nie. Om die beseerde deel so gou moontlik af te koel, kan ’n klam hemp om die gedeelte gebind word.
  • Maak seker dat die hemp nie te styf om die gedeelte gebind word nie, anders kan bloedvloei beperk word.
  • Die beseerde deel moet so styf moontlik gespalk word. Verhef die ledemaat en beweeg stadig terug na ’n veilige plek met selfoonopvangs.
  • As die persoon bloei moet die bloeding dadelik gestop word. Verbind die wond so styf moontlik en maak seker dat enige omliggende vullis weggespoel en verwyder word.

Hierdie artikel verskaf net algemene mediese kennis. 

As jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland, kan die gegewe as wenke gebruik word.

Dit noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie dadelik  ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans ontbied. 

  • Nuwe episodes van Noodlig word elke Woensdag om 21:00 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 22:00.