Nuwe episodes sal elke Donderdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 21:00.

Hier is ’n lusmaker van die seisoen wat kom:

In dié boeiende seisoen kyk ons na opspraakwekkende stories soos dié van Advokaat Barbie en Dirk Prinsloo, Andrea Venter, Anika Smit, Chanelle Henning, Die Afspraakmoorde, Henri van Breda, Ina Bonette en die “Modimollemonster”, Jason en Susan Rohde, Jayde en Christopher Panayiotou, Louisa Chatburn, Mundolene Vosloo, Pippie Kruger en Zephany Nurse.