Ouma Rina meen dié boereraat is ’n wonderpoeier wat haar nie net lewenslustig hou in haar tagtigs nie, maar ook lekker proe.

“Ek gooi hierdie groen poeier môre, middag en aand [oor my kos],” het sy in die jongste aflewering van die gewilde werklikheidsprogram met haar kleinkinders gedeel.

Hier is Ouma Rina se spesiale resep vir haar “groen poeier”. Hopelik gee dit jou ook woema.

Ouma Rina se groen poeier
  • 2 t origanum-kruie
  • 2 t moringa
  • 2 t spirulina
  • 2 t komyn (jeera)
  • 2 t kelp
  • 2 t hennep-proteïen
Voeg al die bestanddele saam in ’n ronde bottel en meng goed.

Strooi ¾ teelepel van die poeier drie keer per dag oor jou kos.

Maar wat dink Bobby en Karlien van hul ouma se boereraat?

Kyk dié video om uit te vind.


Wat gebeur volgende op Bobby en Karlien: In jou skoene?

Suid-Afrika se bekendste broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, laat hul luukse lewe agter om vir 48 uur in iemand anders se skoene te loop. Hulle bring twee dae in die sirkus deur waar daar onverwags baie lewenslesse opduik.

Dié episode word Woensdag 15 Mei om 20:30 op VIA uitgesaai.

Nuwe episodes van Bobby en Karlien: In jou skoene

Die episodes word elke Woensdag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 20:30 en Maandae om 18:30. In samewerking met Afrikaans.com.