In die negende episode kuier die legendariese sangeres Sonja Herholdt by Pedro.

Sonja (65) sing onder meer die liedjie Tammy uit die fliek Tammy and the Bachelor.

Joe Foster het ook kom inloer om sy weergawe van die treffer Jantjie te sing.

Pedro het skertsend vir Sonja gesê sy mag nie die ateljee verlaat sonder om Ek Verlang Na Jou te sing nie.

Nuwe episodes van Klavierkuiers met Pedro word elke Saterdagaand om 19:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Donderdae om 15:00.