Resepte soos verskaf deur Via.
Albie en Jackie:

Gevulde beeslende in netvet

Bestanddele
1 ui
1 knoffelhuisie
1 pakkie sampioene
30 ml (2 e) braaispeserye
5 ml (1 t) paprika
75 ml (5 e) olyfolie
beeslende
netvet
Maak so
Kap die ui, knoffel en sampioene fyn en braai tot alle water uit die groente is.
Meng die speserye by en braai nog 2 min.
Sny die beeslende in die middel oop.
Vlek en vul met die gebraaide vulsel.
Draai toe met die netvet en braai soos verlang.

Knoffel-room-aartappels
Bestanddele
2 kg aartappels of sowat 14 middelslag-aartappels
1 knoffelhuisie
melk, genoeg om aartappelblokkies in die pot te bedek
3 blokkies hoenderaftreksel
500 ml (2 k) room
750 ml (3 k) gerasperde cheddarkaas
5 ml (1 t) paprika of kruie vir garnering
Maak so
Skil en sny die aartappels in mediumgrootte blokkies.
Skil en sny die knoffel in dun skyfies.
Gooi die aartappels en knoffel in ’n pot en voeg die melk by tot net-net bedek.
Breek die hoenderaftrekselblokkies in stukkies en meng by die aartappels.
Kook tot sag, voeg die room by en kook tot die sous ’n bietjie verdik.
Meng die kaas by, strooi die paprika of kruie oor en laat rus sowat 10 min.

Sjokolade-peer-braaitert
Bestanddele
1 blikkie ingelegde pere
2 x 150 g-Top Deck-sjokolades
2 rolle skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Maak so
Haal die pere uit die sous en sit dit op kombuispapier om die meeste vog op te suig.
Kap die pere en sjokolade op.
Rol die deeg uit, plaas dit op ’n skinkbord (sien wenk) en strooi die peer- en sjokoladestukke eweredig oor.
Smeer die eier rondom die rand van die deeglae.
Bedek met die boonste deeglaag en vou die rande in.
Bespuit die braairooster met kossproei en plaas die pastei met skinkbord en al op ’n oop rooster. Maak die rooster toe, draai dit om en verwyder die skinkbord.
Braai die pastei oor die kole en draai gereeld tot goudbruin en skilferagtig.
Wenk: Berei die pastei op ’n skinkbord voor, want dit help om dit heel op die rooster te kry.
Christo en Helouise

Beeslende

Bestanddele
goeie beeslendeporsies
sout en peper na smaak
olyfolie
Maak so
Haal die vleis ’n uur voor jy braai uit die yskas en uit die verpakking (dit moet kamertemperatuur wees).
Smeer met die sout, peper en olyfolie.
Braai soos verlang
Mengelslaai

Bestanddele (hoeveelhede soos verkies)
fetakaas
blaarslaai
cheddarkaas
grasuie
agurkies
tamaties
uie
olywe
Maak so
Sny al die bestanddele op en plaas in rye op ’n bord
Koolslaai
Bestanddele
kool, fyn gesny
wortel, gerasper
mayonnaise
10 ml (2 t) fyn knoffelsout
10 ml (2 t) suiker
Maak so
Sny die kool fyn en rasper die wortel in.
Meng die mayonnaise, knoffelsout en suiker goed deur.
Sjokoladepoeding in ’n swartpot

Deegbestanddele
50 g botter
200 ml strooisuiker
1 eier
250 ml (1 k) koekmeelblom
25 ml (5 t) kakaopoeier
15 ml (1 e) bakpoeier
’n knippie sout
175 ml melk
25 ml (5 t) fyn gerasperde lemoenskil
Sousbestanddele
200 ml water
50 ml vars lemoensap
250 ml (1 k) bruinsuiker
25 ml (5 t) kakaopoeier
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
Vir voorsit
vla
gekapte neute
Maak so
Deeg: Meng die botter en strooisuiker, voeg die eier by en klits tot glad en romerig.
Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Voeg gerasperde lemoenskil by.
Roer die melk by die bottermengsel.
Meng deeglik met die droë bestanddele om klonte te voorkom.
Sous: Meng die water, lemoensap, suiker en kakao en kook dit in jou swartpot.
Gooi die deeg in die sous en sit die pot 45-50 min. oor lae hitte met die deksel op tot dit gaar is.
Pasop vir te veel kole onder die pot inkrap, want die poeding brand maklik.
Moenie die deksel binne die eerste kwartier oplig nie.
Skep die porsies sommer uit die pot en sit dit warm voor met ’n skeppie vla en ’n bietjie gekapte neute.
Madeleine en Michael Verwey:
Snoek op die kole

Sous
botter, 250 g
appelkooskonfyt, 2 eetlepels
vars gemaalde peper
knoffel, fyn gekap, 3 opgehoopte teelepels
suurlemoensap, 125 ml
Sous: Meng alles goed saam.
Plaas die snoek op die kole en smeer die sous oor die vleiskant terwyl dit braai.
Soetpatats
bruinsuiker, ¾ koppie
witsuiker, ¾ koppie
botter, 120 ml
patats, 4-6, geskil
Braai die bruinsuiker, witsuiker en botter in ’n swaarboompot. Roer aanhoudend, want dit brand gou. As alles gemeng is, sit die geskilde patats in en meng goed deur.
Verlaag die hitte en kook met die deksel toe tot sag.
Roosterkoek sonder suurdeeg

broodmeel, 500 ml
bakpoeier, 20 ml
sout, 5 ml
eier, 1, geklits
water, ongeveer 500 ml
Sif die droë bestanddele saam. Voeg die geklitste eier by, asook genoeg water om ’n sagte deeg te vorm. Meng goed. Plaas die deeg in ’n warm plek om te rys. Knie die deeg af en maak balletjies. Plaas op die rooster en draai gereeld om. As dit reg is, klink dit hol wanneer jy daarop klop.
Wafels

Vir die bêremengsel
meelblom, 6 koppies, gesif
bakpoeier, 3 eetlepels
melkpoeier, 125 ml, gesif
sout, 2 teelepels
suiker, 125 ml
botter, 190 ml
Sif die droë bestanddele twee keer saam en vryf die botter met jou vingerpunte in tot goed gemeng. In ’n voedselverwerker sal dit lyk soos broodkrummels.
Skep die mengsel in ’n lugdigte houer, seël en laat verkoel in die koelkas. Dit hou tot 6 weke.
Vir die wafels
eiers, 2
water, 500 ml
bêremengsel, 500 ml
olie, 30 ml
Meng die bestanddele bymekaar en maak wafels in ’n wafelmasjien.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET